loader from loading.io

Luisteraarsvraag: Waar is God as die boosheid skynbaar seëvier?

Radio Scriptura

Release Date: 09/22/2020

Pastoraal:  Werke van die bose show art Pastoraal: Werke van die bose

Radio Scriptura

Na aanleiding van 'n luisteraar se vraag:  Wat is die werking van die bose, en is demoonbesetting die rede vir siektes?  Sien ons vandag nog werke van die bose en demoonbesetting?  Kan ons mooi onderskei tussen fisiese siekte en bose werke?  Kan demone mense siek maak, of is mense eintlik bygelowig? Kry gelowiges bose aanvegtinge, en kan christene deur demone beset word?  Wat is die fout met sogenaamde bevrydingsbedienings, en hoe is dit laster teen God? Hoe beraad ons dus mense oor die bose, bose aanvegtinge en demoonbesetenheid indien hulle dit ervaar of daaroor...

info_outline
Pastoraal:  Psigopatie show art Pastoraal: Psigopatie

Radio Scriptura

Wat is 'n psigopaat? Hoe verskil dit van narsisisme en sosiopatie? Hoe word psigopatie geklassifiseer? Is dit boosheid of 'n siekte? Hoe kan ons bybels sin maak van hierdie super manipulerende gedrag van psigopate is, of gediagnoseer is met persoonlikheidsversteurings? Kan psigopate ook verantwoordelikheid vir hulle sonde neem? Kan 'n psigopaat gered word? Word sonde as mediese siektes geklassifiseer en gediagnoseer, of moedig ons mense aan om verantwoordelikheid vir hul sonde te vat?  Paulus sê, ".... as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepping."   

info_outline
Perspektief:  Maart 2024  - Kruistogte en Paasstasies show art Perspektief: Maart 2024 - Kruistogte en Paasstasies

Radio Scriptura

Christus se lyding was volkome en die prys vir ons sonde is reeds aan die kruis betaal.  Wat sal mensgemaakte paasfees rituele, kruistogte en paasstasies van die wonderlike evangelie boodskap steel, of probeer byvoeg?  Jesus het reeds aan die kruis gesê, "Dit is volbring".  Kolossense 2:6-14: "Pasop dat niemand julle meevoer deur 'n filosofie en leë bedrieëry, wat gegrond is op menslike tradisie en teorieë oor die kosmiese elemente, en nie op Christus nie. Want in Hom woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik. En in Hom, wat Hoof oor elke heerskappy en mag is, is...

info_outline
Pastoraal:   Verslaaf aan pornografie show art Pastoraal: Verslaaf aan pornografie

Radio Scriptura

Is pornografie werklik so verslawend en wat is die uitwerking daarvan op die menslike brein?  Hoe affekteer dit volwassenes en kinders psigies, emosioneel, geestelik en fisies?  Is tegnologie en blootstelling aan pornografiese materiaal op verskillende platvorms dalk 'n groter uitdaging as wat ouers besef?  Het ons nog 'n bybelse persepsie van gesonde seksuele verhoudings soos God se woord dit vir ons voorhou?  Is 'n bybelse wêreldbeskouing nog belangrik wanneer ons met kinders praat oor seks en seksualiteit?  Hoekom kyk mense en kinders pornografie?  Wat moet...

info_outline
Pastoraal:  Verwaandheid show art Pastoraal: Verwaandheid

Radio Scriptura

Hoe is trots, selfliefde, ydele eer oftewel verwaandheid 'n teken van diep ongeloof en hoogmoed, of selfs verwand aan narsisme?  Wat is die een ding wat ons heimlik ook deel met die gesindheid van die fariseërs?  Het ons 'n hoër beeld van onsself as van God?  Johannes 3:30 stel dit baie eenvoudig, "Hy moet meer word, maar ek minder."  In wie vind ons ons waarde?  Gebruik God lyding en beproewing om ons harte nederig te hou? Hoe bring die wet vir ons perspektief oor  onsself?

info_outline
Luisteraarsvraag:  Was die ou kerkvaders gereformeerd? show art Luisteraarsvraag: Was die ou kerkvaders gereformeerd?

Radio Scriptura

Wie was die eerste kerkvaders?  Waar kom ons gereformeerde beginsels en beleidenisse vandaan?  Hoekom volg ons'n sekere orde in die gereformeerde kerk? Is gereformeerde teologie 'n nuwe uitvindsel van die 16de eeu? Waar pas Calvinisme in (TULIP)? Waar kom "progressiewe" christenskap vandaan?  Semper Reformanda -  hervorm steeds in ooreenstemming met die Woord van God. 

info_outline
Wat sê die vers? 1 Timótheüs 1:15 show art Wat sê die vers? 1 Timótheüs 1:15

Radio Scriptura

Paulus skryf vir die gemeente van Efese en gee vir Timótheüs pastorale riglyne van hoe die kerk van God moet funksioneer.  Hy belei in sy brief:   "Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is."  Van watter ongeloof praat die eks-fariseër Paulus hier?  Was Paulus dan nog 'n sondaar toe hy hierdie brief geskryf het?  Verseker, en dit is hoe nodig ons Christus en Sy verlossing daagliks het.   Himenéüs en Alexander is aan satan oorgegee, maar...

info_outline
Perspektief:   Februarie 2024 show art Perspektief: Februarie 2024

Radio Scriptura

Dink na oor kerk en staat was Professor Fika Janse van Rensburg se onlangse skrywe in die media. ".... ons land kies dat die regering die pluraliteit van godsdiensvryheid erken, en dat godsdiensvryheid in ons land sal geld....." Die vraag is:  Is daar 'n beter weg as pluralisme? Wat is die staat se verantwoordelikheid teenoor die kerk en hoe verskil dit van Artikel 36 van Nederlandse geloofsbelydenis? Hoe behoort die kerk te preek en hoe moet die staat te regeer?

info_outline
Wat sê die vers?  1 Petrus 3:18-20 show art Wat sê die vers? 1 Petrus 3:18-20

Radio Scriptura

"Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;"  Wat is die konteks van hierdie teks?  Moet ons dit fisies, metafories of allegories beskou?  Gaan die teks oor lyding,...

info_outline
Wat sê die vers? Jakobus 5:14-15 show art Wat sê die vers? Jakobus 5:14-15

Radio Scriptura

Wat is die fokuspunt van Jakobus 5:14-15?  Hoe behoort ons beproewing en siekte te sien?  Hoe lyk ons geloof prakties wanneer ons siek is?  Wie moet vir die siekes bid, en het die olie, salwing of ritueel 'n spesiale krag om te genees?  Wie het die gawe van genesing?  Wat word met die salwing in hierdie teks bedoel?

info_outline
 
More Episodes

Waar is God wanneer daar soveel boosheid in die wêreld is? Is dit buite sy beheer?