Perspektief: Januarie 2021 - Eredienste en huidige regulasies van die regering
Release Date: 01/29/2021
Radio Scriptura
Is pornografie werklik so verslawend en wat is die uitwerking daarvan op die menslike brein? Hoe affekteer dit volwassenes en kinders psigies, emosioneel, geestelik en fisies? Is tegnologie en blootstelling aan pornografiese materiaal op verskillende platvorms dalk 'n groter uitdaging as wat ouers besef? Het ons nog 'n bybelse persepsie van gesonde seksuele verhoudings soos God se woord dit vir ons voorhou? Is 'n bybelse wêreldbeskouing nog belangrik wanneer ons met kinders praat oor seks en seksualiteit? Hoekom kyk mense en kinders pornografie? Wat moet...
info_outline Pastoraal: VerwaandheidRadio Scriptura
Hoe is trots, selfliefde, ydele eer oftewel verwaandheid 'n teken van diep ongeloof en hoogmoed, of selfs verwand aan narsisme? Wat is die een ding wat ons heimlik ook deel met die gesindheid van die fariseërs? Het ons 'n hoër beeld van onsself as van God? Johannes 3:30 stel dit baie eenvoudig, "Hy moet meer word, maar ek minder." In wie vind ons ons waarde? Gebruik God lyding en beproewing om ons harte nederig te hou? Hoe bring die wet vir ons perspektief oor onsself?
info_outline Luisteraarsvraag: Was die ou kerkvaders gereformeerd?Radio Scriptura
Wie was die eerste kerkvaders? Waar kom ons gereformeerde beginsels en beleidenisse vandaan? Hoekom volg ons'n sekere orde in die gereformeerde kerk? Is gereformeerde teologie 'n nuwe uitvindsel van die 16de eeu? Waar pas Calvinisme in (TULIP)? Waar kom "progressiewe" christenskap vandaan? Semper Reformanda - hervorm steeds in ooreenstemming met die Woord van God.
info_outline Wat sê die vers? 1 Timótheüs 1:15Radio Scriptura
Paulus skryf vir die gemeente van Efese en gee vir Timótheüs pastorale riglyne van hoe die kerk van God moet funksioneer. Hy belei in sy brief: "Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is." Van watter ongeloof praat die eks-fariseër Paulus hier? Was Paulus dan nog 'n sondaar toe hy hierdie brief geskryf het? Verseker, en dit is hoe nodig ons Christus en Sy verlossing daagliks het. Himenéüs en Alexander is aan satan oorgegee, maar...
info_outline Perspektief: Februarie 2024Radio Scriptura
Dink na oor kerk en staat was Professor Fika Janse van Rensburg se onlangse skrywe in die media. ".... ons land kies dat die regering die pluraliteit van godsdiensvryheid erken, en dat godsdiensvryheid in ons land sal geld....." Die vraag is: Is daar 'n beter weg as pluralisme? Wat is die staat se verantwoordelikheid teenoor die kerk en hoe verskil dit van Artikel 36 van Nederlandse geloofsbelydenis? Hoe behoort die kerk te preek en hoe moet die staat te regeer?
info_outline Wat sê die vers? 1 Petrus 3:18-20Radio Scriptura
"Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;" Wat is die konteks van hierdie teks? Moet ons dit fisies, metafories of allegories beskou? Gaan die teks oor lyding,...
info_outline Wat sê die vers? Jakobus 5:14-15Radio Scriptura
Wat is die fokuspunt van Jakobus 5:14-15? Hoe behoort ons beproewing en siekte te sien? Hoe lyk ons geloof prakties wanneer ons siek is? Wie moet vir die siekes bid, en het die olie, salwing of ritueel 'n spesiale krag om te genees? Wie het die gawe van genesing? Wat word met die salwing in hierdie teks bedoel?
info_outline Wat sê die vers? Markus 16:16Radio Scriptura
Markus 16:16: "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word." Is mens gered omdat jy gedoop is? Moet jy gedoop word voordat jy gered kan word? Wat is die bekeringsdoop en staaf hierdie teks dit werklik? Wat hou die gereformeerde leer voor oor die kinderdoop, en vir wie is die sakrament gegee? Hoekom doop ons kinders as geloof 'n vereiste tot redding is? Wie beseël die doop? Word ons geregverdig deur die doop of deur geloof?
info_outline Perspektief: Januarie 2024Radio Scriptura
Scriptura sluit Januarie 2024 af met 'n christelike perspektief op drie nuusgebeure: Dricus du Plessis wen geveg teen Sean Strickland, 'n lasterlike reklamebord in Boksburg, en Suid-Afrika kla Israel aan van volksmoord op Gaza.
info_outline Wat sê die vers? 1 Samuel 16:14Radio Scriptura
"Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die Here gestuur, het hom verskrik." Hoe maak ons sin daarvan dat 'n bose gees van God af kom? Wat beteken dit dat die Gees van Saul gewyk het? Hoe verskil die werk van die Heilige Gees tussen die nuwe testament en die ou testament? Verlaat God ooit Sy uitverkore kinders? Kan ons God se soewereine wil ontduik? Verbondsverbreking kan daartoe lei dat God ons oorgee aan onsself, maar is God se liefde veranderlik?
info_outline1. Hoe gemaak met die regering se Covid-19 regulasies?
1.1. FOR SA se saak teen die regering oor eredienste.
2. Hoe dink die kerk Bybels oor die opskorting van eredienste?
2.2. Hoe hanteer kerkrade en christene verskille aangaande die opskorting van eredienste en die regering se regulasies?