loader from loading.io

Geselekteerde tekste| "Wat van die arme man daar ver in die Amasone wat nog nooit van Jesus gehoor het nie?”

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Release Date: 05/20/2024

Lukas 24: 29(b) en 32| Jesus Christus (die Woord wat vlees geword het) se nabyheid gee alleen die ware vertroosting en bemoediging in hierdie lewe. show art Lukas 24: 29(b) en 32| Jesus Christus (die Woord wat vlees geword het) se nabyheid gee alleen die ware vertroosting en bemoediging in hierdie lewe.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Ons ontmoet twee mense op pad na die dorpie Emmaus, sowat 11 km. van Jerusalem. Hierdie twee mense gesels egter oor ‘n hartseer saak wat afgespeel het die afgelope paasnaweek in Jerusalem. Daar is gemeenskaplike droefheid oor alles wat hulle gehoor en gesien het - sake oor die onregverdige verhoor en kruisiging van Jesus Christus. Nou is Hy dood, die hoop dat Hy Israel sou verlos van die Romeinse juk is verydel. Om alles te kroon het die berig dat sy liggaam verdwyn het, hulle nog meer ontstel. Sy liggaam is weg, die graf was oop en dan nog die berig dat daar sprake is dat Hy lewe. Maar dan...

info_outline
Matteus 27: 32| Christus lê sy volle reg af vir ons, sodat ons in Sy Naam die voorreg van die ewige lewe uit genade verkry. show art Matteus 27: 32| Christus lê sy volle reg af vir ons, sodat ons in Sy Naam die voorreg van die ewige lewe uit genade verkry.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Stel u die volgende voor: Daar beweeg ‘n stoet van Jerusalem na Golgota op die weg wat vandag die Via Dolorosa genoem word. In hulle midde, redelik op die voorpunt is ‘n man, rooi bebloed van mishandeling. Sy rug getuig van die geseling, aan flarde geslaan (Markus 15:15), ‘n ontsaglike wrede straf. Al hierdie dinge, die heen en weer stuur van een regter na die ander deur die hele nag, die bespotting, die doringkroon, die vuishoue in die gesig en veral die geseling in die paleis van Pilatus het hierdie man se kragte uitgeput, so uitgeput dat dit voorkom asof die pad na Golgota met die...

info_outline
Efesiërs 5:18b-20| ...oor my hart... en dit waarmee hy gevul is! show art Efesiërs 5:18b-20| ...oor my hart... en dit waarmee hy gevul is!

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Een enkele woordjie wat meer as 800 keer in die Bybel voorkom! En hoe belangrik moet hierdie woordjie dan nie wees nie? Dit gaan alles oor die 'hart' van n mens! Ook opvallend is dat as die Bybel na die woordjie 'hart' verwys dit feitlik nêrens na 'n fisiese orgaan verwys nie...maar meer geestelike lewe bedoel... dat jy maw 'n ander hartsgesindheid sal hê wat betref jou denke, nadenke, emosies, wilsbesluite, voor en afkeure ens... Soos die Bybel dan ook elders tereg sê: want uit die hart...'is die oorsprong van die lewe' (Spr 4:23). Meer nog: Hierdie ware hartsgesindheid en verandering...

info_outline
Gen. 42:36 (b) & Rom. 8:28(a)| Die pad wat God ons in die lewe laat loop, is vir baie mense onverstaanbaar en selfs onregverdig, totdat God deur sy Gees ons wys dat dit ‘n verlossingspad is show art Gen. 42:36 (b) & Rom. 8:28(a)| Die pad wat God ons in die lewe laat loop, is vir baie mense onverstaanbaar en selfs onregverdig, totdat God deur sy Gees ons wys dat dit ‘n verlossingspad is

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Jakob kom met hierdie pyngedagte : Alles is teen my. En hy sê dit nie ligtelik nie. In sy lewe het baie dinge gebeur wat tot hierdie uitspraak gelei het. Wat Jakob in sy lewe eerste stel, word laaste deur God geplaas en andersom. Wat vir Jakob die dierbaarste in sy lewe is, word die verste van hom weggeskeur. Is alles teen ons? Dit bring ons by die uitspraak van Paulus in Romeine 8. Die apostel Paulus leer ons dat niks teen ons is nie, maar alles ten goede meewerk. In groot kontras met Jakob stel Paulus dat alles, nie net voorspoed en vreugde nie, maar alles ten goede meewerk. Nie net die...

info_outline
Jesaja 51:17,22| Groot is God se liefde as Hy die toornbeker verander in ‘n genadebeker. show art Jesaja 51:17,22| Groot is God se liefde as Hy die toornbeker verander in ‘n genadebeker.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Met nagmaal is daar drie belangrike sake, naamlik tekens, woorde en handelinge. Tekens : Brood en wyn Woorde: Dit is my liggaam, dit is my bloed. Handelinge : Die brood word geëet en die beker word gedrink. Die beker met die nagmaalviering het ‘n besondere BETEKENIS. In die Woord van die HERE kry ons ‘n beker van oordeel en ‘n beker van genade. In die prediking let ons op die oordeelsbeker, daarna op die genadebeker en dan die geheim van die verwisseling van die toornbeker na die genadebeker.    

info_outline
Numeri 21:5| God is die bepaler van ons lewenspad, dit moet in geloofsgehoorsaamheid gevolg word. show art Numeri 21:5| God is die bepaler van ons lewenspad, dit moet in geloofsgehoorsaamheid gevolg word.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Waarom, ‘n vraag wat so dikwels gestel word. Waarom lei die HERE ons op hierdie pad van ons lewe? Israel kom ook nou met die waarom vraag. Die eerste rede vir Israel se ontevredenheid was dat hulle vergeet het waarvan die HERE hulle verlos het. Die tweede rede van Israel se verlange na Egipte gaan oor versorging. Hulle sȇ: “Want hier is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.” Daarom is die “waarom vraag” van Israel so groot stuk ondankbaarheid. Dit is geen wonder dat die HERE in felheid teen die ondankbaarheid van Israel reageer nie. Hy stuur giftige...

info_outline
Psalm 68:6| ...jou eerste en laaste woorde... ooit! show art Psalm 68:6| ...jou eerste en laaste woorde... ooit!

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Ek en jy sal heelwaarskynlik nie so goed kan onthou wat ons heel eerste woorde as kinders was nie. Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorden raai dat woorde soos 'pa-pa' en 'ma-ma' moontlik van die heel eerste maklike en eenvoudige klanke sou wees wat ons gemaak het... dis immers die eerste persone wat oor ons gebuig het en met wie ons in kontak gekom het. Maar daar was toe ook alreeds n ander Persoon teenwoordig wat oor ons 'gebuig' het en Homself oor ons ontferm het - ons Hemelse Vader! Iemand wat...

info_outline
2 Timoteus 4:6-8|  Die HERE los die geloofsworstelaar in sy hinderniswedloop af en gee aan hom die ewige lewe. show art 2 Timoteus 4:6-8| Die HERE los die geloofsworstelaar in sy hinderniswedloop af en gee aan hom die ewige lewe.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Die dood is ‘n realiteit, maar ons is huiwerig om daaroor te praat. Die vraag is : Hoe staan ons teenoor die dood? Is dit ‘n verskrikking? Kom ons kyk hoe God deur die Heilige Gees vir die apostel Paulus lei om oor die dood te praat. Hierdie sterwensbelydenis handel oor die verlede, hede toekoms. Verlede : Sy lewe wat verby is.  Hede : Die dood wat naby is. Toekoms : Sy lewe in die hiernamaals. VERLEDE : SY LEWE WAT VERBY IS. In vers 7 vat Paulus sy lewe saam in drie kort sinne : Ek het die goeie wedloop afgelê (1983) - Ek het die goeie stryd gestry (2020) Ek het die wenstreep bereik...

info_outline
Lukas 1:8-10,22 & Lukas 24:50-53|  In Christus, die ware Liturg, het ons die voltooide erediens waardeur ons verseker word van die verhoring van ons gebede en Sy liefdevolle nabyheid. show art Lukas 1:8-10,22 & Lukas 24:50-53| In Christus, die ware Liturg, het ons die voltooide erediens waardeur ons verseker word van die verhoring van ons gebede en Sy liefdevolle nabyheid.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Besef ons werklik die wonderlike voorreg om aan die begin van die erediens die seën van die HERE te ontvang en teen die einde van die erediens na ons huise te gaan nadat ons sy seën ontvang het? In Lukas 1 word aan ons die gebeure met Sagaria meegedeel. ʼn Priester wat deur die lot aangewys is, gaan om te offer en hy moet seën. Dit is ʼn besondere geleentheid vir die priester. Hier in die bedehuis is ʼn erediens aan die gang. Maar dan gebeur daar iets in die tempel wat niemand verwag het nie. Om dit goed te verstaan moet ons die saak in konteks sien: Maleagi, die laasste boek van die Ou...

info_outline
Johannes 7 : 37-39| Jesus Christus is die ware Watervoorsiener wat ons red van die ewige woestyndors en maak ons deur sy Heilige Gees lewende fonteine in hierdie dor wêreld. show art Johannes 7 : 37-39| Jesus Christus is die ware Watervoorsiener wat ons red van die ewige woestyndors en maak ons deur sy Heilige Gees lewende fonteine in hierdie dor wêreld.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Christus rig op die huttefees in ons teksvers die uitnodiging: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!” Die huttefees was die fees van die waters, die fees wat die volk herinner het aan die HERE wat water voorsien. Die groot dag van die fees was die sewende dag, die hoogtepunt van die fees. Dit is genoem die dag van die watergieting. Dit is nie die eerste keer dat Jesus Hom openbaar as die water van die lewe nie, alreeds in sy gesprek met die Samaritaanse vrou daar by die put van Jakob het Jesus Hom geopenbaar as die ewige water, as jy Hom drink, sal jy nooit dors kry nie....

info_outline
 
More Episodes

(1)Wat is die standaard waarvolgens God mense oordeel en (2)kan enigiemand van Sy oordeel verontskuldig word? (3)Wat dan van die arme man daar ver in die Amasone wat nog nooit van Jesus gehoor het nie?

 

https://youtube.com/live/eacOqByn2c4