Radio Scriptura
Wat 'n voorreg om terug te kyk op 2025! Die jaar het so baie op gelewer en so vinnig verby gevlieg, maar die Scriptura span het reekse en episodes gepubliseer wat ons eie verbeelding oortref het. AAN GOD AL DIE EER, want in werklikheid was dit episode vir episode, 'n groot genade. En alles het uitgewerk soos dit moes, en ons is baie dankbaar dat die ses broers in die Here al vir 'n volle agt jaar elke week saam gesels oor die Woord van ons wonderlike God. Die bediening bereik duisende mense regoor die wereld, want God het dit so laat gebeur. Hy gebruik nederige mense...
info_outlineRadio Scriptura
'n Luisteraar vra: "Sondag is God aangespreek as God die Vader, en God die Moeder. Is dit bybels, of is dit laster, en is dit aanvaarbaar?" Is God tweeslagtig? Mag ons God se persoon as sy, haar, moeder, vroulik, vrou en moeder aanspreek? Kan ons toelaat dat feministiese denke ons kultuur en ons aanbidding kaap? Is dit aanvaarbaar as mense dit doen, of is dit totaal onbybels en godslasterlik? As hierdie dwaling in jou kerk plaasvind, kan jy hulle oproep tot die waarheid, of 'n bybelse kerk soek?
info_outlineRadio Scriptura
Scriptura gesels oor wanbesteding en skuld, natuur- en wildbewaring kwessies, en laastens ook oor die G20 konferensie se skynheilige voorhou dat ons huis in order is voor die wêreld.
info_outlineRadio Scriptura
Wat is die misverstande en dwaalleer van die vers ten opsigte van die water, die doop en die Heilige Gees? Daar is groot hoop vir die mens in Handelinge 2:38, en meer nog in die vers wat volg: " .... die belofte kom julle toe en julle kinders ..." Kan ons geloof vir onsself in ons eie harte bewerkstellig? Wat is dan nou werklik die gawe van die Heilige Gees? Kry ek dit saam met my doop, of moet 'n ander persoon dit eers oor my afbid? Hoekom doop gelowiges hul kinders? Moet hulle nie eers in God glo voordat hulle gedoop kan word nie?
info_outlineRadio Scriptura
Hoe word Spreuke 4:23 misverstaan? Wat is wysheid en dwaasheid volgens God se woord? Benader ons dalk hierdie vers vanuit 'n obsessiewe selffokus en piëtistiese denkraamwerk, wat emosies bo God se wysheid verplaas en liewer 'n heilige lewe beklemtoon? Watter tipe literatuur is Spreuke, en wat is die konteks van hierdie spesifieke vers? Hoe kan ons nog staatmaak op die emosies van ons harte as dit dan 'n onheilige natuur het? Wat is ons verantwoordelkheid ten opsigte van ons denkwêreld en ons blootstelling?
info_outlineRadio Scriptura
Wat word regtig bedoel met Kolossense 1:15 - "Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping …"? En wat is die algemene waninterpretasies van groepe soos die Jehova getuies en die Moslems oor die person van Jesus Christus? Is Hy net die beeld van God, en is Hy die letterlike eersgebore van die skepping soos ons dit vleeslik sal voorhou? Is Hy 'n skepsel, of is Hy God, en een met God en die Heilige Gees? Wat was die Kolossense konteks en misleiding? Hoe verstaan mense die woord "eersgeborene" verkeerd?
info_outlineRadio Scriptura
In Perspektief - Oktober 2025 gesels Scriptura oor ernstige nuusgebeure van die afgelope maand. Pous Leo en koning Charles III bid saam vir die eerste keer in 500 jaar, en die stryd teen die Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission (CRL) waarmee die Suid-Afrikaanse regering poog om kerke te reguleer. En laastens het die Grootte kerk in Kaapstad 'n intergeloof byeenkoms gehou vir die geregtigheid van Palistyne wat in die oorlog in Gaza vasgevang is.
info_outlineRadio Scriptura
info_outlineRadio Scriptura
Jesus antwoord hulle: "Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie." Watter waninterpretasies en misverstande bestaan rondom hierdie vers? Wat is die konteks en werklike boodskap? Is die geloof 'n magiese krag wat jy in jouself kan kweek of bewerk om wonders te doen soos God? Is dit 'n oproep om jou geloof in God te plaas en Sy raadsplan te vertrou? En is dit 'n uitdaging om "harder te probeer glo", sodat jy...
info_outlineRadio Scriptura
Wat is geloofs"deconstruction"? Hoekom bevraagteken mense die gereformeerde geloof? Hoe moet ons dekonstruksie benader en mense daaruit help? Watter rol speel postmodernisme en die gees van ons tyd hierin? Wat is die gevolge van die idees van filosowe soos Jacques Derrida? Woorde kry nuwe betekenis en word vloeibaar… waarheid word 'n vraagstuk. Wat is die verskil tussen kritiese denke en dekonstruksionisme? Is ons geloof van onlogies, of is daar bewyse vir wat ons glo? Ondersoek die Skrif en wees gereed om apologeties te antwoord oor die hoop wat ons het in Christus.
info_outline"Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo in 'n heilige algmene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges .....". Wie is deel van die liggaam van Christus? Wie is die onsigbare kerk? Het ons dalk 'n vlak beskouing van die kerk? Waar begin lidmaatskap van die kerk? Wat beteken dit in werklikheid om ’n lidmaat van die kerk te wees? Wat is die kerk vir Christus? Hoe word God se verbond sigbaar gemaak en hoe word ons geloof versterk? Hoe vorm en voed Christus gelowiges tot sy diens in die wêreld?