loader from loading.io

Menslike Seksualiteit: Sondeval Deel 2 – Begeertes, versoeking en veroordeling

Radio Scriptura

Release Date: 07/22/2025

Pastoraal:  Konflik in die Kerk show art Pastoraal: Konflik in die Kerk

Radio Scriptura

Mag en moet daar konflik in die kerk wees? Hoe moet ons dit in die huisgesin van God hanteer? Wat is ons verantwoordelikhede teenoor God heel eerste, en teenoor ons broers en susters in die kerk? Kan ons bekostig om die waarheid op die altaar van vrede te offer? Watter groei sal daar dan wees? Moet ons konflik ten alle koste vermy in die kerk ter wille van die aanvaarding van mense, of moet ons die waarheid van God se woord heel eerste stel? Is God se vrede dieselfde as wêreldvrede? Wat dryf vrede in die kerk? Vier aspekte van konflik in die kerk is onder bespreking: - Wie se huis is die...

info_outline
Pastoraal:  Sosiale media en my kind show art Pastoraal: Sosiale media en my kind

Radio Scriptura

Ons beleef 'n aktiewe invloed van sekularisme op sosiale media, en ons kan die verwoesting wat die "virtuele god" in ons samelewing aanrig, duidelik sien in die siek geestestoestand van ons jong mense. Waarom raak ons kinders verslaaf aan aanlyn speletjies en sosiale media? Kan dit wees dat hulle verhonger is? Spandeer ons genoeg persoonlike, kwalieit tyd met hulle? - Hoe beinvloed sosiale media ons kinders se normes, waardes en geloofsoortuiging?   - Wat is die invloed daarvan op ons kinders se denke, speeltyd en wêreldbeskouing?   - Kan jy kies wat vir jou kind gevoer word, en...

info_outline
Wat sê die Vers?  1 Thes 5:21 show art Wat sê die Vers? 1 Thes 5:21

Radio Scriptura

Wat is die tema en konteks van die boek 1 Thessalonisense?  Wat staan in die gedeelte voor die teksvers?  Gaan die vers oor die toets van lekker dinge en versoekings van die lewe, of oor die meet van die geestelike gawes van christene aan die Woord van God?  Leer die Bybel ons om die versoekings van hierdie lewe uit te toets, of om pro-aktief sonde teen te staan? Daar bestaan twee strome van dwaling oor die 1 Thessalonisense 5:21.  Een is om die ervarings en versoekings van die aardse bestaan uit te toets vir menslike genot, en die ander dwaling is oor die gawes van die...

info_outline
Terugkyk op 2025 show art Terugkyk op 2025

Radio Scriptura

Wat 'n voorreg om terug te kyk op 2025!   Die jaar het so baie op gelewer en so vinnig verby gevlieg, maar die Scriptura span het reekse en episodes gepubliseer wat ons eie verbeelding oortref het.   AAN GOD AL DIE EER, want in werklikheid was dit episode vir episode, 'n groot genade.  En alles het uitgewerk soos dit moes, en ons is baie dankbaar dat die ses broers in die Here al vir 'n volle agt jaar elke week saam gesels oor die Woord van ons wonderlike God. Die bediening bereik duisende mense regoor die wereld, want God het dit so laat gebeur.  Hy gebruik nederige mense...

info_outline
Luisteraarsvraag:  God die Vader en God die Luisteraarsvraag: God die Vader en God die "Moeder"?

Radio Scriptura

'n Luisteraar vra: "Sondag is God aangespreek as God die Vader, en God die Moeder.  Is dit bybels, of is dit laster, en is dit aanvaarbaar?"  Is God tweeslagtig?  Mag ons God se persoon as sy, haar, moeder, vroulik, vrou en moeder aanspreek?  Kan ons toelaat dat feministiese denke ons kultuur en ons aanbidding kaap?  Is dit aanvaarbaar as mense dit doen, of is dit totaal onbybels en godslasterlik? As hierdie dwaling in jou kerk plaasvind, kan jy hulle oproep tot die waarheid, of 'n bybelse kerk soek?

info_outline
Perspektief:  November 2025 show art Perspektief: November 2025

Radio Scriptura

Scriptura gesels oor wanbesteding en skuld, natuur- en wildbewaring kwessies, en laastens ook oor die G20 konferensie se skynheilige voorhou dat ons huis in order is voor die wêreld.  

info_outline
Wat sê die vers?  Handelinge 2:38 show art Wat sê die vers? Handelinge 2:38

Radio Scriptura

Wat is die misverstande en dwaalleer van die vers ten opsigte van die water, die doop en die Heilige Gees?  Daar is groot hoop vir die mens in Handelinge 2:38, en meer nog in die vers wat volg: " .... die belofte kom julle toe en julle kinders ..." Kan ons geloof vir onsself in ons eie harte bewerkstellig? Wat is dan nou werklik die gawe van die Heilige Gees? Kry ek dit saam met my doop, of moet 'n ander persoon dit eers oor my afbid? Hoekom doop gelowiges hul kinders? Moet hulle nie eers in God glo voordat hulle gedoop kan word nie?

info_outline
Wat sê die vers?  Spreuke 4:23 show art Wat sê die vers? Spreuke 4:23

Radio Scriptura

Hoe word Spreuke 4:23 misverstaan?  Wat is wysheid en dwaasheid volgens God se woord? Benader ons dalk hierdie vers vanuit 'n obsessiewe selffokus en piëtistiese denkraamwerk, wat emosies bo God se wysheid verplaas en liewer 'n heilige lewe beklemtoon? Watter tipe literatuur is Spreuke, en wat is die konteks van hierdie spesifieke vers? Hoe kan ons nog staatmaak op die emosies van ons harte as dit dan 'n onheilige natuur het? Wat is ons verantwoordelkheid ten opsigte van ons denkwêreld en ons blootstelling? 

info_outline
Wat sê die vers?  Kolossense 1:15 show art Wat sê die vers? Kolossense 1:15

Radio Scriptura

Wat word regtig bedoel met Kolossense 1:15 - "Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping …"?  En wat is die algemene waninterpretasies van groepe soos die Jehova getuies en die Moslems oor die person van Jesus Christus?  Is Hy net die beeld van God, en is Hy die letterlike eersgebore van die skepping soos ons dit vleeslik sal voorhou?  Is Hy 'n skepsel, of is Hy God, en een met God en die Heilige Gees?  Wat was die Kolossense konteks en misleiding?  Hoe verstaan mense die woord "eersgeborene" verkeerd?

info_outline
Perspektief - Oktober 2025 show art Perspektief - Oktober 2025

Radio Scriptura

In Perspektief - Oktober 2025 gesels Scriptura oor ernstige nuusgebeure van die afgelope maand.  Pous Leo en koning Charles III bid saam vir die eerste keer in 500 jaar, en die stryd teen die Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission (CRL) waarmee die Suid-Afrikaanse regering poog om kerke te reguleer.  En laastens het die Grootte kerk in Kaapstad 'n intergeloof byeenkoms gehou vir die geregtigheid van Palistyne wat in die oorlog in Gaza vasgevang is.

info_outline
 
More Episodes

Wat motiveer ons begeertes?  Hoe werk versoekings en begeertes, en wanneer is dit sonde? Waar kom versoekings vandaan? Wat gee geboorte aan sonde, en waar gebeur dit? Kan ons in ons gedagte veilig speel met sondige denke? Sukkel ons almal met dieselfde versoekings of laste? Verwerp God slegs die begeertes wat teen Sy wet is, of net die daadwerklike oortreding van Sy wet? Is onrein gedagtes sonde, al het jy nie die dade waaraan jy gedink het, daadwerklik gedoen nie? Hoe stry ons die stryd teen sondige begeertes? Vrae 19 tot 22 van die kategismus van menslike seksualiteit werk deur die Skrif om antwoorde op hierdie vrae te verskaf.