Radio Scriptura
Wat is die uitdagings vir bejaardes in vandag se vinnige lewensstyl? Heelwat bejaardes vereensaam wanneer hul wederhelftes sterf, en hul kinders die huis verlaat. Hoe kan ons hulle bystaan met die moeilike aanpassing van afskaal en nuwe lewensomstandighede, vanweë hul spesifieke behoeftes of gesondheidsuitdagings? Hoe kan ons hulle steeds in ons kerke, en in ons gemeenskappe betrokke hou en verwelkom? Hoe kan ons hul eensaamheid verlig en hulle ondersteun in hul ou dae? Wat sê die Skrif oor ons seniors en ons ouers, en hoe moet ons hulle versorg?
info_outlineRadio Scriptura
Hoe lyk die werklikheid van vaderskap in ons huise? Doen ons die nodige om ons kinders te begelei en ons seuns as manne van God te herder, op te voed en te ondersteun in al die verskillende fasette van hul lewe en geestelike groei? Maak ons moeite met ons kinders, of laat ons daardie werk maklik aan ons vrouens oor as dit te emosioneel of geestelik van aard is? Staan ons die bybelse mandaat af aan diegene wat gretig is om ons kinders af te rokkel, negatief te beinvloed, en die verskriklike groot gaping met wêreldse invloed te vul? Wie het die gesin en die opdrag vir...
info_outlineRadio Scriptura
Wat beteken dit om vir God te vra "lei ons nie in die versoeking nie", en wat is die wanbegrippe daar rondom? Versoek God dan mense tot sonde, of hoe moet ons hierdie teks lees en verstaan? Wat was Jesus se oorspronklike bedoeling met die woorde? Is daar 'n verskil tussen beproewing en versoeking?
info_outlineRadio Scriptura
Die voorsitter van die CRL - raad vir die regulering en beskerming van kulturele, godsdienstige en taalinstellings - het in Januarie 2026 bedank, omdat hy nie kan saamleef met die wete dat die staat kerke, predikante en die christelike geloof wil beheer en reguleer nie. Wat staan christene te doen? Huigelary vier hoogty, want die staat toon geen medelye of teenkanting teen die terroriste aanvalle en massamoorde op Iran se onskuldige burgers nie, terwyl daar wel ondersteunend vir goddeloses, vervolgers en verdrukkers opgetree en berig word. Wat staan die kerk te doen?
info_outlineRadio Scriptura
Mag en moet daar konflik in die kerk wees? Hoe moet ons dit in die huisgesin van God hanteer? Wat is ons verantwoordelikhede teenoor God heel eerste, en teenoor ons broers en susters in die kerk? Kan ons bekostig om die waarheid op die altaar van vrede te offer? Watter groei sal daar dan wees? Moet ons konflik ten alle koste vermy in die kerk ter wille van die aanvaarding van mense, of moet ons die waarheid van God se woord heel eerste stel? Is God se vrede dieselfde as wêreldvrede? Wat dryf vrede in die kerk? Vier aspekte van konflik in die kerk is onder bespreking: - Wie se huis is die...
info_outlineRadio Scriptura
Ons beleef 'n aktiewe invloed van sekularisme op sosiale media, en ons kan die verwoesting wat die "virtuele god" in ons samelewing aanrig, duidelik sien in die siek geestestoestand van ons jong mense. Waarom raak ons kinders verslaaf aan aanlyn speletjies en sosiale media? Kan dit wees dat hulle verhonger is? Spandeer ons genoeg persoonlike, kwalieit tyd met hulle? - Hoe beinvloed sosiale media ons kinders se normes, waardes en geloofsoortuiging? - Wat is die invloed daarvan op ons kinders se denke, speeltyd en wêreldbeskouing? - Kan jy kies wat vir jou kind gevoer word, en...
info_outlineRadio Scriptura
Wat is die tema en konteks van die boek 1 Thessalonisense? Wat staan in die gedeelte voor die teksvers? Gaan die vers oor die toets van lekker dinge en versoekings van die lewe, of oor die meet van die geestelike gawes van christene aan die Woord van God? Leer die Bybel ons om die versoekings van hierdie lewe uit te toets, of om pro-aktief sonde teen te staan? Daar bestaan twee strome van dwaling oor die 1 Thessalonisense 5:21. Een is om die ervarings en versoekings van die aardse bestaan uit te toets vir menslike genot, en die ander dwaling is oor die gawes van die...
info_outlineRadio Scriptura
Wat 'n voorreg om terug te kyk op 2025! Die jaar het so baie op gelewer en so vinnig verby gevlieg, maar die Scriptura span het reekse en episodes gepubliseer wat ons eie verbeelding oortref het. AAN GOD AL DIE EER, want in werklikheid was dit episode vir episode, 'n groot genade. En alles het uitgewerk soos dit moes, en ons is baie dankbaar dat die ses broers in die Here al vir 'n volle agt jaar elke week saam gesels oor die Woord van ons wonderlike God. Die bediening bereik duisende mense regoor die wereld, want God het dit so laat gebeur. Hy gebruik nederige mense...
info_outlineRadio Scriptura
'n Luisteraar vra: "Sondag is God aangespreek as God die Vader, en God die Moeder. Is dit bybels, of is dit laster, en is dit aanvaarbaar?" Is God tweeslagtig? Mag ons God se persoon as sy, haar, moeder, vroulik, vrou en moeder aanspreek? Kan ons toelaat dat feministiese denke ons kultuur en ons aanbidding kaap? Is dit aanvaarbaar as mense dit doen, of is dit totaal onbybels en godslasterlik? As hierdie dwaling in jou kerk plaasvind, kan jy hulle oproep tot die waarheid, of 'n bybelse kerk soek?
info_outlineRadio Scriptura
Scriptura gesels oor wanbesteding en skuld, natuur- en wildbewaring kwessies, en laastens ook oor die G20 konferensie se skynheilige voorhou dat ons huis in order is voor die wêreld.
info_outlineScriptura gesels oor die afgelope maand se nuusgebeure wat uitgestaan het, en vir baie mense 'n struikelblok kan wees in hul geloof, oortuigings en lewens. Trump is van mening dat hy hemel toe kan gaan as hy net genoeg mense kan red. Suid-Afrikaners dobbel miljoene rande weg. Kunsmatige Intelligensie word ingespan om sielkundige terapie te lewe, en 'n soort jesus figuur vir soekendes te voor te stel.