loader from loading.io

Menslike Seksualiteit: Herstel (deel 3) - Bekering en huweliksrolle

Radio Scriptura

Release Date: 09/16/2025

Perspektief - April 2026 show art Perspektief - April 2026

Radio Scriptura

Onderwerpe van bespreking vir vandag is die genadedood of bystanddood wetgewing wat oorweeg en gedryf word om goedkeuring te verkry in Suid-Afrika. Wat is die argumente daarvoor, en wat is die plek en doel van lyding in die christen se lewe? Is daar enige gronde vir genadedood volgens die Bybel? En dan is die Weste ook geweldig besig om Islam in die samelewing te omhels ten opsigte van sosiale aanvaarding, geestelike tegemoetkoming en ‘n algemene plek vir hierdie afgodsdiens. Wêreldwyd is lande besig om dit al hoe minder teen te staan, en Islam word sonder werklike bewustheid van die...

info_outline
Tekskritiek - 'n Onderhoud met Professor Jorrie Jordaan show art Tekskritiek - 'n Onderhoud met Professor Jorrie Jordaan

Radio Scriptura

Besit ons steeds die onvervalste evangelie?  Wat is tekskritiek, en hoe is die bybel - spesifiekdie nuwe testament - onder gelowiges in die eerste drie eeue na Christus versprei? Hoe is die bybel vertaal, en hoe het die evangelie behoue gebly, en het die handgeskrewe afskrifte hoofsaaklik ooreengestem?  As die bybel oorgeskryf is deur mense, kan ons daarop staatmaak dat dit 'n goeie kopie van die oorspronklike woord van God is?  Is die Heilige Gees en die openbaring van God afhanklik van menslike vertalings en oorlewering?  Vertalings is betroubaar in sovere hulle die...

info_outline
Apologetiek - Wat is apologetiek? show art Apologetiek - Wat is apologetiek?

Radio Scriptura

Hoe lyk die christelike of bybelse wêreldbeeld?  Wat is apologetiek en waar pas dit in my geloofslewe in?  Moet ek die waarhede van die Woord van God, of my geloof in die waarheid van God in die publiek en algemene samelewing verdedig? Wat is die doel van apologetiese getuienis of redenasies met ongelowiges of soekendes? Is ek gereed om 'n verdediging aan te bied om die leuens oor God teen te staan in my naaste se hart?  1 Petrus 3:15 leer vir ons "Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis...

info_outline
Wat sê die vers?  Johannes 12:32 show art Wat sê die vers? Johannes 12:32

Radio Scriptura

"En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek." Waaraan is Jesus se verhoging gekoppel? Trek Jesus "alle" mense na Hom toe? Hoeveel kan ons as mense bydra tot ons aangetrokkenheid tot God? Hoe verskil universalisme van die gereformeerde leer oor die uitverkiesing? En waarna verwys Jesus as Hy net voor hierdie gedeelte in vers 23 sê "Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik sal word…"? Waarin lê ons troos en hoop as gelowiges? Kan ons troos vind in die wete dat God alle ware gelowiges vir sy koninkryk uitverkies het voor die grondlegging van die aarde,...

info_outline
Paasfees ...  en mense wat daar was show art Paasfees ... en mense wat daar was

Radio Scriptura

Tydens Paasfees kan ons lees en dink oor die getuienis van al die mense wat voor, tydens en na Jesus se kruisiging by Hom was, en alles waargeneem en ervaar het.  Dan sien ons mooi hoe ons met elkeen van hulle kan vereenselwig, en soortgelyke swakhede het.  Ons besef weereens ons groot nood vir Christus se verlossing, maar veral hoe groot God se genade is. 

info_outline
Pastoraal:  Skinderstories show art Pastoraal: Skinderstories

Radio Scriptura

Wat is die christen se verantwoordelikheid teenoor God en teenoor naaste wat woorde en waarheid betref?  Hoe kan ons broers en susters, asook diegene buite die kerk, se beeld en eer beskerm?  Hoe vermy ons en staan ons teen die verskillende vorme van lieg en bedrieg in praktyk?  Moet ons soms net stil bly ten einde die "vuur" van kwaadpraat te blus?  Bereken die effek van jou woorde en toets of dit God gaan verheerlik.

info_outline
Wat sê die vers? Spreuke 29:18 show art Wat sê die vers? Spreuke 29:18

Radio Scriptura

Wat is die konteks van Spreuke en hoekom het God dit vir ons gegee? Hoe moet ons dit lees en is die mistiese visioen of die moralistiese benadering korrek?  Moet ons eers drome en visioene kry om die regte pad te volg?  Wat is algemene misbruike van hierdie teks? Hoekom kyk ons verlossingshistories na hierdie teks? Wat dring ons tot gehoorsaamheid aan God? Waarom staan "bandeloosheid" teenoor "geseënd wees" in hierdie vers? Kan die wet vir ons 'n troos wees, en watter uitwerking het die woord van God op die samelewing? 

info_outline
Luisteraarsvraag:  Armageddon show art Luisteraarsvraag: Armageddon

Radio Scriptura

Gaan daar regtig 'n oorlog op 'n spesifieke plek naamlik Armageddon plaasvind?  Moet ons Openbaring letterlik lees, of is dit liewer beeldspraak van die kerk era?  Watse soort teks is dit?  Vanuit watter hoek en inslag behoort dit gelees te word?  Wat is die gereformeerde leer oor die eindtye?   Preek ons genoeg uit Openbaring?

info_outline
Pastoraal - Enkellopend en Alleen show art Pastoraal - Enkellopend en Alleen

Radio Scriptura

Hoekom kan sommige mense nie iemand vind wat by hulle pas nie?  Is daar fout met hulle, of is daar rede tot kommer?  Is dit goed as trou en maat soek jou top lewensdoelwitte word?  Watter invloed het die sekulêre wêreld se danke op jong mense en die huwelik?  Wat is die ware redes in die Skrif vir die heilige huwelik, en hoekom gaan sommige van ons ongetroud bly?  Hoe kan ons met die enkellopendes in die kerk simpatiseer, hulle aanmoedig en ondersteun in die gemeenskap van die heiliges?  Wat kan enkellopendes self ook doen om hul gawes in die koninkryk te...

info_outline
Pastoraal:  Bejaard en eensaam show art Pastoraal: Bejaard en eensaam

Radio Scriptura

Wat is die uitdagings vir bejaardes in vandag se vinnige lewensstyl?  Heelwat bejaardes vereensaam wanneer hul wederhelftes sterf, en hul kinders die huis verlaat. Hoe kan ons hulle bystaan met die moeilike aanpassing van afskaal en nuwe lewensomstandighede, vanweë hul spesifieke behoeftes of gesondheidsuitdagings?  Hoe kan ons hulle steeds in ons kerke, en in ons gemeenskappe betrokke hou en verwelkom?  Hoe kan ons hul eensaamheid verlig en hulle ondersteun in hul ou dae?  Wat sê die Skrif oor ons seniors en ons ouers, en hoe moet ons hulle versorg?  

info_outline
 
More Episodes

Wat is die verskil tussen iemand wat teen seksuele sonde stry en iemand wat volhard in hul sonde?  Kan mense wat in hul onheilige begeertes en seksuele sondes volhard, en hulle nie tot God bekeer nie, dan nie salig word nie?  Wat is in ware bekering van alle seksuele sonde betrokke?  Hoe moet mans daarna streef om hul vroue lief te hê en hul te eer?  Hoe moet vrouens daarna streef om hul mans lief te hê en te eer?  Hoe moet huweliksmaats mekaar in die huwelik op seksuele en intieme vlak dien?