loader from loading.io

Menslike Seksualiteit: Waarheid en liefde vir mense wat worstel

Radio Scriptura

Release Date: 10/07/2025

Wat sê die vers?  Spreuke 4:23 show art Wat sê die vers? Spreuke 4:23

Radio Scriptura

Hoe word Spreuke 4:23 misverstaan?  Wat is wysheid en dwaasheid volgens God se woord? Benader ons dalk hierdie vers vanuit 'n obsessiewe selffokus en piëtistiese denkraamwerk, wat emosies bo God se wysheid verplaas en liewer 'n heilige lewe beklemtoon? Watter tipe literatuur is Spreuke, en wat is die konteks van hierdie spesifieke vers? Hoe kan ons nog staatmaak op die emosies van ons harte as dit dan 'n onheilige natuur het? Wat is ons verantwoordelkheid ten opsigte van ons denkwêreld en ons blootstelling? 

info_outline
Wat sê die vers?  Kolossense 1:15 show art Wat sê die vers? Kolossense 1:15

Radio Scriptura

Wat word regtig bedoel met Kolossense 1:15 - "Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping …"?  En wat is die algemene waninterpretasies van groepe soos die Jehova getuies en die Moslems oor die person van Jesus Christus?  Is Hy net die beeld van God, en is Hy die letterlike eersgebore van die skepping soos ons dit vleeslik sal voorhou?  Is Hy 'n skepsel, of is Hy God, en een met God en die Heilige Gees?  Wat was die Kolossense konteks en misleiding?  Hoe verstaan mense die woord "eersgeborene" verkeerd?

info_outline
Perspektief - Oktober 2025 show art Perspektief - Oktober 2025

Radio Scriptura

In Perspektief - Oktober 2025 gesels Scriptura oor ernstige nuusgebeure van die afgelope maand.  Pous Leo en koning Charles III bid saam vir die eerste keer in 500 jaar, en die stryd teen die Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission (CRL) waarmee die Suid-Afrikaanse regering poog om kerke te reguleer.  En laastens het die Grootte kerk in Kaapstad 'n intergeloof byeenkoms gehou vir die geregtigheid van Palistyne wat in die oorlog in Gaza vasgevang is.

info_outline
Die Reformasie - Die Geloofsbelydenis van Nicea show art Die Reformasie - Die Geloofsbelydenis van Nicea

Radio Scriptura

info_outline
Wat sê die vers:  Matteus 17:20 show art Wat sê die vers: Matteus 17:20

Radio Scriptura

Jesus antwoord hulle: "Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie." Watter waninterpretasies en misverstande bestaan rondom hierdie vers? Wat is die konteks en werklike boodskap?  Is die geloof 'n magiese krag wat jy in jouself kan kweek of bewerk om wonders te doen soos God? Is dit 'n oproep om jou geloof in God te plaas en Sy raadsplan te vertrou? En is dit 'n uitdaging om "harder te probeer glo",  sodat jy...

info_outline
Luisteraarsvraag:  Dekonstruksie van geloof show art Luisteraarsvraag: Dekonstruksie van geloof

Radio Scriptura

Wat is geloofs"deconstruction"? Hoekom bevraagteken mense die gereformeerde geloof? Hoe moet ons dekonstruksie benader en mense daaruit help? Watter rol speel postmodernisme en die gees van ons tyd hierin? Wat is die gevolge van die idees van filosowe soos Jacques Derrida? Woorde kry nuwe betekenis en word vloeibaar… waarheid word 'n vraagstuk. Wat is die verskil tussen kritiese denke en dekonstruksionisme? Is ons geloof van onlogies, of is daar bewyse vir wat ons glo? Ondersoek die Skrif en wees gereed om apologeties te antwoord oor die hoop wat ons het in Christus.

info_outline
Skrywe aan lidmaat van GK Nelspruit op FB show art Skrywe aan lidmaat van GK Nelspruit op FB

Radio Scriptura

In die afgelope week het ’n amptelike brief van die Gereformeerde Kerk Nelspruit aan ’n lid van die gemeente opslae gemaak. Die brief handel oor kerklike betrokkenheid en die verantwoordelikheid wat belydende lidmate het teenoor die gemeenskap van gelowiges. In hierdie opname gesels die Scriptura-span oor die inhoud van die brief, die Bybelse beginsels agter kerklike tug en waarom ware gemeenskap in Christus nie bloot ’n formaliteit is nie, maar ’n lewende roeping.

info_outline
Menslike Seksualiteit:  Waarheid en liefde vir mense wat worstel show art Menslike Seksualiteit: Waarheid en liefde vir mense wat worstel

Radio Scriptura

Hoe moet ons mense wat met seksuele sonde worstel behandel en dien?  Hoe kyk ons verby die skaamte en stigma, en help ons verlore siele om Christus se liefde en genade te sien?  Hoe wen ons hulle vir Christus?   Moet ons diesulkes vermy en verwerp, of moet ons hulle liefhê en dien met die waarheid van Christus?  Hoeveel siele kos dit ons om te swyg oor die waarheid?  Kan liefde sonder waarheid oor sonde regtig 'n getuienis van verlossing wees?  Kan die waarheid sonder liefde mense dien soos Christus dit sou doen?   Hoe moet kerkdissipline en tug teenoor...

info_outline
Perspektief:  September 2025 show art Perspektief: September 2025

Radio Scriptura

In 2 Johannes 1:9-10 lees ons:  "Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie.  Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun."  Die tragiese moord op Charlie Kirk, stigter van Turning Point in Amerika, getuig van die ongelooflike goddeloosheid en hopeloosheid waarin mense hulself vandag bevind.  Hy in teen deel, was iemand wat in die publieke domein die evangelie en die waarheid van God verkondig het, terwyl sy geloof ook sy politieke standpunte onderskraag het.  Maar in teenstelling met die nederige getuienis van 'n...

info_outline
Menslike Seksualiteit - Herstel Deel 4 – Enkellopend, gesinslewe en seksuele opvoeding show art Menslike Seksualiteit - Herstel Deel 4 – Enkellopend, gesinslewe en seksuele opvoeding

Radio Scriptura

Vraag 37-40 hanteer die kwessies van seksualiteit van die enkellopende, seksualiteit in die gesinslewe, asook die seksuele opvoeding van ons kinders.  Hoe kan ons die gesinslewe so inrig dat dit tot eer van God voortbestaan?  Wat is God se wil vir hoe ons ons kinders in geskikte seksualiteit moet opvoed?  Hoe skilder ons 'n mooi beeld van seks binne die huwelik soos God dit geskape het vir ons kinders? Wat vat dit van ouers om hierdie verbondsbeloftes na te kom? Hou ons tred met die dwaling van die wêreld wat ons kinders negatief beinvloed? Hoe moet jong volwassenes hul ouers...

info_outline
 
More Episodes

Hoe moet ons mense wat met seksuele sonde worstel behandel en dien?  Hoe kyk ons verby die skaamte en stigma, en help ons verlore siele om Christus se liefde en genade te sien?  Hoe wen ons hulle vir Christus?  

Moet ons diesulkes vermy en verwerp, of moet ons hulle liefhê en dien met die waarheid van Christus?  Hoeveel siele kos dit ons om te swyg oor die waarheid?  Kan liefde sonder waarheid oor sonde regtig 'n getuienis van verlossing wees?  Kan die waarheid sonder liefde mense dien soos Christus dit sou doen?  

Hoe moet kerkdissipline en tug teenoor lidmate en ons geliefdes lyk?  Leef ons self as verlostes en getuig ons lewens van verlossing?  Kategoriseer ons sondes vanweë 'n verlies aan konsekwentheid en huigelaary?  Deins ons terug  van die moeilike gesprekke en konfrontasies as gevolg van emosionele konnotasies of familiebande?