loader from loading.io

Menslike Seksualiteit: Waarheid en liefde vir mense wat worstel

Radio Scriptura

Release Date: 10/07/2025

Pastoraal:  Bejaard en eensaam show art Pastoraal: Bejaard en eensaam

Radio Scriptura

Wat is die uitdagings vir bejaardes in vandag se vinnige lewensstyl?  Heelwat bejaardes vereensaam wanneer hul wederhelftes sterf, en hul kinders die huis verlaat. Hoe kan ons hulle bystaan met die moeilike aanpassing van afskaal en nuwe lewensomstandighede, vanweë hul spesifieke behoeftes of gesondheidsuitdagings?  Hoe kan ons hulle steeds in ons kerke, en in ons gemeenskappe betrokke hou en verwelkom?  Hoe kan ons hul eensaamheid verlig en hulle ondersteun in hul ou dae?  Wat sê die Skrif oor ons seniors en ons ouers, en hoe moet ons hulle versorg?  

info_outline
Pastoraal:  Afwesige Vaders show art Pastoraal: Afwesige Vaders

Radio Scriptura

Hoe lyk die werklikheid van vaderskap in ons huise?  Doen ons die nodige om ons kinders te begelei en ons seuns as manne van God te herder, op te voed en te ondersteun in al die verskillende fasette van hul lewe en geestelike groei?   Maak ons moeite met ons kinders, of laat ons daardie werk maklik aan ons vrouens oor as dit te emosioneel of geestelik van aard is?  Staan ons die bybelse mandaat af aan diegene wat gretig is om ons kinders af te rokkel, negatief te beinvloed, en die verskriklike groot gaping met wêreldse invloed te vul?  Wie het die gesin en die opdrag vir...

info_outline
Luisteraarsvraag:  Lei ons nie in die versoeking nie show art Luisteraarsvraag: Lei ons nie in die versoeking nie

Radio Scriptura

Wat beteken dit om vir God te vra "lei ons nie in die versoeking nie", en wat is die wanbegrippe daar rondom? Versoek God dan mense tot sonde, of hoe moet ons hierdie teks lees en verstaan? Wat was Jesus se oorspronklike bedoeling met die woorde?  Is daar 'n verskil tussen beproewing en versoeking?  

info_outline
Perspektief:  Januarie 2026 show art Perspektief: Januarie 2026

Radio Scriptura

Die voorsitter van die CRL - raad vir die regulering en beskerming van kulturele, godsdienstige en taalinstellings - het in Januarie 2026 bedank, omdat hy nie kan saamleef met die wete dat die staat kerke, predikante en die christelike geloof wil beheer en reguleer nie.  Wat staan christene te doen?  Huigelary vier hoogty, want die staat toon geen medelye of teenkanting teen die terroriste aanvalle en massamoorde op Iran se onskuldige burgers nie, terwyl daar wel ondersteunend vir goddeloses, vervolgers en verdrukkers opgetree en berig word.  Wat staan die kerk te doen?

info_outline
Pastoraal:  Konflik in die Kerk show art Pastoraal: Konflik in die Kerk

Radio Scriptura

Mag en moet daar konflik in die kerk wees? Hoe moet ons dit in die huisgesin van God hanteer? Wat is ons verantwoordelikhede teenoor God heel eerste, en teenoor ons broers en susters in die kerk? Kan ons bekostig om die waarheid op die altaar van vrede te offer? Watter groei sal daar dan wees? Moet ons konflik ten alle koste vermy in die kerk ter wille van die aanvaarding van mense, of moet ons die waarheid van God se woord heel eerste stel? Is God se vrede dieselfde as wêreldvrede? Wat dryf vrede in die kerk? Vier aspekte van konflik in die kerk is onder bespreking: - Wie se huis is die...

info_outline
Pastoraal:  Sosiale media en my kind show art Pastoraal: Sosiale media en my kind

Radio Scriptura

Ons beleef 'n aktiewe invloed van sekularisme op sosiale media, en ons kan die verwoesting wat die "virtuele god" in ons samelewing aanrig, duidelik sien in die siek geestestoestand van ons jong mense. Waarom raak ons kinders verslaaf aan aanlyn speletjies en sosiale media? Kan dit wees dat hulle verhonger is? Spandeer ons genoeg persoonlike, kwalieit tyd met hulle? - Hoe beinvloed sosiale media ons kinders se normes, waardes en geloofsoortuiging?   - Wat is die invloed daarvan op ons kinders se denke, speeltyd en wêreldbeskouing?   - Kan jy kies wat vir jou kind gevoer word, en...

info_outline
Wat sê die Vers?  1 Thes 5:21 show art Wat sê die Vers? 1 Thes 5:21

Radio Scriptura

Wat is die tema en konteks van die boek 1 Thessalonisense?  Wat staan in die gedeelte voor die teksvers?  Gaan die vers oor die toets van lekker dinge en versoekings van die lewe, of oor die meet van die geestelike gawes van christene aan die Woord van God?  Leer die Bybel ons om die versoekings van hierdie lewe uit te toets, of om pro-aktief sonde teen te staan? Daar bestaan twee strome van dwaling oor die 1 Thessalonisense 5:21.  Een is om die ervarings en versoekings van die aardse bestaan uit te toets vir menslike genot, en die ander dwaling is oor die gawes van die...

info_outline
Terugkyk op 2025 show art Terugkyk op 2025

Radio Scriptura

Wat 'n voorreg om terug te kyk op 2025!   Die jaar het so baie op gelewer en so vinnig verby gevlieg, maar die Scriptura span het reekse en episodes gepubliseer wat ons eie verbeelding oortref het.   AAN GOD AL DIE EER, want in werklikheid was dit episode vir episode, 'n groot genade.  En alles het uitgewerk soos dit moes, en ons is baie dankbaar dat die ses broers in die Here al vir 'n volle agt jaar elke week saam gesels oor die Woord van ons wonderlike God. Die bediening bereik duisende mense regoor die wereld, want God het dit so laat gebeur.  Hy gebruik nederige mense...

info_outline
Luisteraarsvraag:  God die Vader en God die Luisteraarsvraag: God die Vader en God die "Moeder"?

Radio Scriptura

'n Luisteraar vra: "Sondag is God aangespreek as God die Vader, en God die Moeder.  Is dit bybels, of is dit laster, en is dit aanvaarbaar?"  Is God tweeslagtig?  Mag ons God se persoon as sy, haar, moeder, vroulik, vrou en moeder aanspreek?  Kan ons toelaat dat feministiese denke ons kultuur en ons aanbidding kaap?  Is dit aanvaarbaar as mense dit doen, of is dit totaal onbybels en godslasterlik? As hierdie dwaling in jou kerk plaasvind, kan jy hulle oproep tot die waarheid, of 'n bybelse kerk soek?

info_outline
Perspektief:  November 2025 show art Perspektief: November 2025

Radio Scriptura

Scriptura gesels oor wanbesteding en skuld, natuur- en wildbewaring kwessies, en laastens ook oor die G20 konferensie se skynheilige voorhou dat ons huis in order is voor die wêreld.  

info_outline
 
More Episodes

Hoe moet ons mense wat met seksuele sonde worstel behandel en dien?  Hoe kyk ons verby die skaamte en stigma, en help ons verlore siele om Christus se liefde en genade te sien?  Hoe wen ons hulle vir Christus?  

Moet ons diesulkes vermy en verwerp, of moet ons hulle liefhê en dien met die waarheid van Christus?  Hoeveel siele kos dit ons om te swyg oor die waarheid?  Kan liefde sonder waarheid oor sonde regtig 'n getuienis van verlossing wees?  Kan die waarheid sonder liefde mense dien soos Christus dit sou doen?  

Hoe moet kerkdissipline en tug teenoor lidmate en ons geliefdes lyk?  Leef ons self as verlostes en getuig ons lewens van verlossing?  Kategoriseer ons sondes vanweë 'n verlies aan konsekwentheid en huigelaary?  Deins ons terug  van die moeilike gesprekke en konfrontasies as gevolg van emosionele konnotasies of familiebande?