Radio Scriptura
Watter gesag het die Bybel in gelowiges se lewe? Is die Skrif net 'n handleiding met kennis en reels, of is daar iets meer wat God openbaar in Sy woord? Kan ons ooit genoeg van God se woord kry, en het ons iets meer nodig? Wat is die uniekheid van God se woord? Is dit God of mense wat die Bybel geskryf het?
info_outlineRadio Scriptura
"Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo in 'n heilige algmene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges .....". Wie is deel van die liggaam van Christus? Wie is die onsigbare kerk? Het ons dalk 'n vlak beskouing van die kerk? Waar begin lidmaatskap van die kerk? Wat beteken dit in werklikheid om ’n lidmaat van die kerk te wees? Wat is die kerk vir Christus? Hoe word God se verbond sigbaar gemaak en hoe word ons geloof versterk? Hoe vorm en voed Christus gelowiges tot sy diens in die wêreld?
info_outlineRadio Scriptura
Wat kom eerste: geloof of wedergeboorte? Is dit noodsaaklik om wedergeboorte, herskepping, nuutskepping of dan bekering te ondersoek en te beleef om 'n christen te wees? Hoe kan ons die koninkryk van God binnegaan en die geestelike beërf? Wat is die manier waarop ons wedergebore word? Kan ons dit deur eie vermoë, intellek of deur werke bereik? Wie se werk is die wedergeboorte dan, en hoe kry mens die Heilige Gees? Is die effek van wedergeboorte dalk 'n groot stryd in jou hart? Wat is die vrug van die wonderwerk in jou?
info_outlineRadio Scriptura
Christene word gruwelik gemartel en vermoor in baie lande rondom ons, omdat hulle Christus as God erken, aanbid en dien. Hul vervolging is skrikwekkend! Maar roer dit ook ons harte terwyl ons nog godsdiens vryheid in Suid-Afrika geniet? Die media steur hul geensins aan die vervolging van gelowiges nie, want dit lok nie die reaksie en sensasie wat hulle najaag nie. Watter verbintenis is daar tussen die Golden Globe toekennings waartydens niemand God se hulp erken het nie, en die onlangse vervoestende brande in California? Hoe kry ons 'n gebalanseerde uitkyk...
info_outlineRadio Scriptura
Wat (of wie) is die evangelie, en waarvan (van wie) red God ons? Het jy iets om by te dra tot jou redding? As jy die evangelie glo; wat presies moet jy glo? Is geloof kopkennis of 'n gevoel? Hang jou verlossing van jou keuse af? Wat is heiligmaking?
info_outlineRadio Scriptura
Waarin vind ons kennis van onsself as mens? Wat beteken dit om na die beeld van God geskape te wees? Wat is totale verdorwenheid? Drie aspekte is onder bespreking om nuwe gelowiges se basiese kennis van wie ons as mens is voor God die Skepper. Wat het by die skepping gebeur? Wat het fout gegaan kort na die skepping? Hoe is dit moontlik om die mens se verhouding met God te herstel?
info_outlineRadio Scriptura
Hoe glo ons in die drie-eenheid sonder om die drie-heid of die eenheid van die drie persone in die godheid te onteer? Kan ons Jesus werklik begryp sonder die Vader en sonder die Gees? Hoe kan ons hierdie dinge van God leer ken? Gaan ons glo soos Hy homself in die Woord openbaar? Is daar verlossing buite die begrip van die drie-eenheid? Wie is die sentrale waarmaker van die woord van God?
info_outlineRadio Scriptura
Mag ons onder enige omstandighede iets vat wat nie aan ons behoort nie, en het grondonteiening sonder vergoeding 'n bybelse basis? Wat is ons verantwoordelikheid as bewoners en rentmeesters van die aarde, en aan wie behoort dit alles? Tydens president Donald Trump se inhuldiging het die vroulike biskop, Mariann Budde, 'n teologiese oproep met 'n politieke ondertoon gedoen wat die WOKE beweging, bevrydingsteologie en feminisme duidelik ondersteun. Kan emosionele drogredenasies die ongeregtighede van humanisme laat seëvier? Daar is parallelle lyne te trek tussen hierdie twee...
info_outlineRadio Scriptura
Hoe openbaar God homself aan ons? Het God beheer oor alles in die skepping? Wie is die drie persone in die Godheid en hoe kan ons dit verstaan? Kan God ooit onder verdenking wees, en waaruit vloei Sy geregtigheid? Hoekom vind ons troos in God se oordeel en in Sy genade?
info_outlineRadio Scriptura
Daar kom toenemend mense tot bekering wat nie in tradisionele gereformeerde verbondshuise opgegroei het nie, en die getalle van gereformeerde verbondskinders neem toenemend af. Lidmate van kerke het vandag ook nie meer dieselfde vlak van bybelkennis as vroeër nie. Die fokus van hierdie reeks is dus die kernsake van die christelike geloof. Wat is daardie kernsake van die christelike geloof volgens die apostoliese geloofsbeleidenis? Hoe lyk ons christen landskap deesdae, en wat ontbreek?
info_outline"Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is." 1 Johannes 3:2. Wat gaan tydens die opstanding gebeur, en sal dit met gelowiges en ongelowiges gebeur? Hoekom moet ons liggame ook opgewek word?