Radio Scriptura
Watter soorte liefdesverhoudings is verkeerd in God se oë? Hoekom kan ons nie leef en lief hê soos ons wil nie? Hoekom is alle vorme van seksuele onsedelikheid onversoenbaar met ons eenheid in Christus? Hoe bevry die Evangelie ons ten opsigte van seksuele sonde?
info_outlineRadio Scriptura
Wat motiveer ons begeertes? Hoe werk versoekings en begeertes, en wanneer is dit sonde? Waar kom versoekings vandaan? Wat gee geboorte aan sonde, en waar gebeur dit? Kan ons in ons gedagte veilig speel met sondige denke? Sukkel ons almal met dieselfde versoekings of laste? Verwerp God slegs die begeertes wat teen Sy wet is, of net die daadwerklike oortreding van Sy wet? Is onrein gedagtes sonde, al het jy nie die dade waaraan jy gedink het, daadwerklik gedoen nie? Hoe stry ons die stryd teen sondige begeertes? Vrae 19 tot 22 van die kategismus van menslike seksualiteit werk deur die...
info_outlineRadio Scriptura
Wat is die oorsprong van ons seksuele gebrokenheid? Het God ons goed of sleg geskape, en was daar fout in Sy skeppingsorde? Wat was die toestand van Adam en Eva se harte voor hul sonde? Wat was die leuen van die slang in die tuin van Eden, en hoe het dit ons menslike hart verwring? Waar kom die begrip van radikale verdorwenheid vandaan? Hoe diep en wyd is ons sonde na die sondeval? Hoe ver is ons menslike begeertes van God se begeertes af? Noudat ons weet wie ons is voor God - wat is ons troos en bevryding?
info_outlineRadio Scriptura
Wie het die huwelik ingestel en bepaal die orde daarvan? Wanneer en hoekom het God dit as lewenslange, monogame verbondsverhouding geheilig? Waar pas die seksuele verhouding in sodat dit God verheerlik? Waarom is die Here so ernstig oor egskeiding? Kan ons meer doen om stukkende huwelike in die kerk te herstel?
info_outlineRadio Scriptura
In die derde episode van die reeks gesels Scriptura oor vrae 6 tot 8, wat handel oor geslagtelikheid, transgenderteorieë, en God se skeppingsorde. Hoekom moet ons God se plan en doel met die twee geslagte vertrou? Het God enige foute gemaak met die skepping van 'n persoon se geslag, en wat het na die sondeval verkeerd geloop? Kan dit wees dat iemand in die verkeerde lyf gebore is? Wat is die gnostiese en mistieke idees oor geslagtelikheid? Is liggaam en gees veronderstel om geintegreerd te wees? Kan identiteit in geslag en geslagtelikheid gevind word?
info_outlineRadio Scriptura
Die Scriptura span gesels oor drie temas in vandag se perspektief: Josh Buice, stigter van die G3 Ministries is geskors oor kritiek op ander predikers, poliandrie (meer as een man) en poligamie (meer as een vrou), en die afname van aanddienste en leerdienste in die kerk. Hoekom loop kerke se aand- en leerdienste dood, en hoekom is dit so belangrik?
info_outlineRadio Scriptura
In episode twee van die nuwe Kategismus vir Menslike Seksualiteit, gesels Scriptura oor die skeppingsdoel en opdrag vir die mens. Die volgende vrae se antwoorde word uiteengesit: Wat is die geslagte waarmee God die mens geskape het? Wat vereis God deur ons na Sy beeld te skep, en ook hoekom het God die mens as man of vrou na Sy beeld geskape?
info_outlineRadio Scriptura
Wat glo die Sewendedag adventiste? Hou hulle by die waarheid van die woord van God, of is hulle vasgevang deur vreesaanjaende profesieë en visioene? Is dit 'n kultus of 'n sekte, of sommer net 'n ander manier om God te aanbid? Hoe kan ons mense antwoord oor die hoop van ons verlossing in Christus, en hoe kan ons hulle in liefde benader?
info_outlineRadio Scriptura
Hoekom het ons 'n kategismus vir menslike seksualiteit nodig? Hoe groot is ons seksuele sondes, begeertes, luste en dade? Kan ek seksuele sondes oorkom, bevry word daarvan en voor God rein leef? Hoekom is dit vertroostend om te weet dat ons ’n nuwe identiteit in Jesus Christus het? Wat moet ek oor menslike seksualiteit en my nuwe identiteit in Christus weet?
info_outlineRadio Scriptura
Scriptura gesels oor pous Francis se afsterwe en die nuwe pous Leo XIV se verkiesing. Dan word Jean Oosthuizen van Ontlaar se artikel oor radikale bevrydende humaniteit en sy "vryheid" wat wegdeins van rigiede dogmatiese geloof in die hiermaals bespreek.
info_outlineDaar kom toenemend mense tot bekering wat nie in tradisionele gereformeerde verbondshuise opgegroei het nie, en die getalle van gereformeerde verbondskinders neem toenemend af. Lidmate van kerke het vandag ook nie meer dieselfde vlak van bybelkennis as vroeër nie. Die fokus van hierdie reeks is dus die kernsake van die christelike geloof. Wat is daardie kernsake van die christelike geloof volgens die apostoliese geloofsbeleidenis? Hoe lyk ons christen landskap deesdae, en wat ontbreek?