Radio Scriptura
In episode twee van die nuwe Kategismus vir Menslike Seksualiteit, gesels Scriptura oor die skeppingsdoel en opdrag vir die mens. Die volgende vrae se antwoorde word uiteengesit: Wat is die geslagte waarmee God die mens geskape het? Wat vereis God deur ons na Sy beeld te skep, en ook hoekom het God die mens as man of vrou na Sy beeld geskape?
info_outlineRadio Scriptura
Wat glo die Sewendedag adventiste? Hou hulle by die waarheid van die woord van God, of is hulle vasgevang deur vreesaanjaende profesieë en visioene? Is dit 'n kultus of 'n sekte, of sommer net 'n ander manier om God te aanbid? Hoe kan ons mense antwoord oor die hoop van ons verlossing in Christus, en hoe kan ons hulle in liefde benader?
info_outlineRadio Scriptura
Hoekom het ons 'n kategismus vir menslike seksualiteit nodig? Hoe groot is ons seksuele sondes, begeertes, luste en dade? Kan ek seksuele sondes oorkom, bevry word daarvan en voor God rein leef? Hoekom is dit vertroostend om te weet dat ons ’n nuwe identiteit in Jesus Christus het? Wat moet ek oor menslike seksualiteit en my nuwe identiteit in Christus weet?
info_outlineRadio Scriptura
Scriptura gesels oor pous Francis se afsterwe en die nuwe pous Leo XIV se verkiesing. Dan word Jean Oosthuizen van Ontlaar se artikel oor radikale bevrydende humaniteit en sy "vryheid" wat wegdeins van rigiede dogmatiese geloof in die hiermaals bespreek.
info_outlineRadio Scriptura
Wat gebeur met jou as jy doodgaan? Is daar lewe na die dood? Verdien almal om gered te word? Wat is die eindbestemming van die gelowige en die ongelowige? Wat is die hemel en die hel, en wie heers oor dit? Wat gaan gebeur met die laaste oordeel, en vir wie is die poel van vuur?
info_outlineRadio Scriptura
Scriptura voer ‘n tweede onderhoud met Ds Dubois du Toit van die NG kerk Suiderhof in Namibië oor die uittrede van NG Namibië uit die Algemene Sinode (ASM) as gevolg van afwykings van die Skrif. Die NG Kerk Namibië verwerp die waninterpretasie van die skrif, onbybelse kerkorde, homoseksualiteit, homoseksuele huwelike, humanistiese invloed en die “woke” beweging wat al vanaf 2002 die sinode besluite onbybels beinvloed het. Teologiese opleiding wat ook afwyk van die gereformeerde leer vir die afgelope 30 jaar, is nou ook onder die vergrootglas.
info_outlineRadio Scriptura
Hoekom praat christene met God? Waarom beveel God dat Sy kinders bid en aanbid? Wat gebeur as christene bid? Hoe en waarvoor mag ons bid? Is daar krag in gebed? Waarvoor moet ons oplet om die eer van God voorop te stel? Wat is die hoof fokus van gesprek met God eintlik?
info_outlineRadio Scriptura
Watter gesag het die Bybel in gelowiges se lewe? Is die Skrif net 'n handleiding met kennis en reels, of is daar iets meer wat God openbaar in Sy woord? Kan ons ooit genoeg van God se woord kry, en het ons iets meer nodig? Wat is die uniekheid van God se woord? Is dit God of mense wat die Bybel geskryf het?
info_outlineRadio Scriptura
"Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo in 'n heilige algmene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges .....". Wie is deel van die liggaam van Christus? Wie is die onsigbare kerk? Het ons dalk 'n vlak beskouing van die kerk? Waar begin lidmaatskap van die kerk? Wat beteken dit in werklikheid om ’n lidmaat van die kerk te wees? Wat is die kerk vir Christus? Hoe word God se verbond sigbaar gemaak en hoe word ons geloof versterk? Hoe vorm en voed Christus gelowiges tot sy diens in die wêreld?
info_outlineRadio Scriptura
Wat kom eerste: geloof of wedergeboorte? Is dit noodsaaklik om wedergeboorte, herskepping, nuutskepping of dan bekering te ondersoek en te beleef om 'n christen te wees? Hoe kan ons die koninkryk van God binnegaan en die geestelike beërf? Wat is die manier waarop ons wedergebore word? Kan ons dit deur eie vermoë, intellek of deur werke bereik? Wie se werk is die wedergeboorte dan, en hoe kry mens die Heilige Gees? Is die effek van wedergeboorte dalk 'n groot stryd in jou hart? Wat is die vrug van die wonderwerk in jou?
info_outlineWatter gesag het die Bybel in gelowiges se lewe? Is die Skrif net 'n handleiding met kennis en reels, of is daar iets meer wat God openbaar in Sy woord? Kan ons ooit genoeg van God se woord kry, en het ons iets meer nodig? Wat is die uniekheid van God se woord? Is dit God of mense wat die Bybel geskryf het?