loader from loading.io

Die weg van almal op aarde: 'n Reeks oor die dood

Radio Scriptura

Release Date: 08/27/2024

Nuwe Dissipels:  Die laaste dae show art Nuwe Dissipels: Die laaste dae

Radio Scriptura

Wat gebeur met jou as jy doodgaan?  Is daar lewe na die dood?  Verdien almal om gered te word?  Wat is die eindbestemming van die gelowige en die ongelowige?  Wat is die hemel en die hel, en wie heers oor dit?  Wat gaan gebeur met die laaste oordeel, en vir wie is die poel van vuur?

info_outline
Perspektief:  Maart 2025 - NK Kerk Namibië show art Perspektief: Maart 2025 - NK Kerk Namibië

Radio Scriptura

Scriptura voer ‘n tweede onderhoud met Ds Dubois du Toit van die NG kerk Suiderhof in Namibië oor die uittrede van NG Namibië uit die Algemene Sinode (ASM) as gevolg van afwykings van die Skrif. Die NG Kerk Namibië verwerp die waninterpretasie van die skrif, onbybelse kerkorde, homoseksualiteit, homoseksuele huwelike, humanistiese invloed en die “woke” beweging wat al vanaf 2002 die sinode besluite onbybels beinvloed het. Teologiese opleiding wat ook afwyk van die gereformeerde leer vir die afgelope 30 jaar, is nou ook onder die vergrootglas.

info_outline
Nuwe Dissipels: Gebed show art Nuwe Dissipels: Gebed

Radio Scriptura

Hoekom praat christene met God? Waarom beveel God dat Sy kinders bid en aanbid? Wat gebeur as christene bid? Hoe en waarvoor mag ons bid? Is daar krag in gebed?  Waarvoor moet ons oplet om die eer van God voorop te stel? Wat is die hoof fokus van gesprek met God eintlik?  

info_outline
Nuwe Dissipels:  Die Bybel is die Woord van God show art Nuwe Dissipels: Die Bybel is die Woord van God

Radio Scriptura

Watter gesag het die Bybel in gelowiges se lewe?  Is die Skrif net 'n handleiding met kennis en reels, of is daar iets meer wat God openbaar in Sy woord? Kan ons ooit genoeg van God se woord kry, en het ons iets meer nodig? Wat is die uniekheid van God se woord? Is dit God of mense wat die Bybel geskryf het?

info_outline
Nuwe Dissipels:  'n Lidmaat van die Kerk show art Nuwe Dissipels: 'n Lidmaat van die Kerk

Radio Scriptura

"Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo in 'n heilige algmene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges .....".  Wie is deel van die liggaam van Christus? Wie is die onsigbare kerk? Het ons dalk 'n vlak beskouing van die kerk? Waar begin lidmaatskap van die kerk? Wat beteken dit in werklikheid om ’n lidmaat van die kerk te wees? Wat is die kerk vir Christus? Hoe word God se verbond sigbaar gemaak en hoe word ons geloof versterk? Hoe vorm en voed Christus gelowiges tot sy diens in die wêreld?

info_outline
Nuwe gelowiges:  Wedergeboorte show art Nuwe gelowiges: Wedergeboorte

Radio Scriptura

Wat kom eerste:  geloof of wedergeboorte? Is dit noodsaaklik om wedergeboorte, herskepping, nuutskepping of dan bekering te ondersoek en te beleef om 'n christen te wees? Hoe kan ons die koninkryk van God binnegaan en die geestelike beërf?  Wat is die manier waarop ons wedergebore word?  Kan ons dit deur eie vermoë, intellek of deur werke bereik?  Wie se werk is die wedergeboorte dan, en hoe kry mens die Heilige Gees?  Is die effek van wedergeboorte dalk 'n groot stryd in jou hart?  Wat is die vrug van die wonderwerk in jou? 

info_outline
Perspektief:  Februarie 2025 show art Perspektief: Februarie 2025

Radio Scriptura

Christene word gruwelik gemartel en vermoor  in baie lande rondom ons, omdat hulle Christus as God erken, aanbid en dien.  Hul vervolging is skrikwekkend!  Maar roer dit ook ons harte terwyl ons nog godsdiens vryheid in Suid-Afrika geniet?  Die media steur hul geensins aan die vervolging van gelowiges nie, want dit lok nie die reaksie en sensasie wat hulle najaag nie.   Watter verbintenis is daar tussen die Golden Globe toekennings waartydens niemand God se hulp erken het nie, en die onlangse vervoestende brande in California?  Hoe kry ons 'n gebalanseerde uitkyk...

info_outline
Nuwe Dissipels:  Glo die Evangelie show art Nuwe Dissipels: Glo die Evangelie

Radio Scriptura

Wat (of wie) is die evangelie, en waarvan (van wie) red God ons? Het jy iets om by te dra tot jou redding?  As jy die evangelie glo;  wat presies moet jy glo?  Is geloof kopkennis of 'n gevoel? Hang jou verlossing van jou keuse af?  Wat is heiligmaking?

info_outline
Nuwe Dissipels:  Wie is ek? show art Nuwe Dissipels: Wie is ek?

Radio Scriptura

Waarin vind ons kennis van onsself as mens? Wat beteken dit om na die beeld van God geskape te wees? Wat is totale verdorwenheid? Drie aspekte is onder bespreking om nuwe gelowiges se basiese kennis van wie ons as mens is voor God die Skepper.  Wat het by die skepping gebeur? Wat het fout gegaan kort na die skepping?  Hoe is dit moontlik om die mens se verhouding met God te herstel?

info_outline
Nuwe Dissipels:  Wie is God - Drie-eenheid show art Nuwe Dissipels: Wie is God - Drie-eenheid

Radio Scriptura

Hoe glo ons in die drie-eenheid sonder om die drie-heid of die eenheid van die drie persone in die godheid te onteer? Kan ons Jesus werklik begryp sonder die Vader en sonder die Gees? Hoe kan ons hierdie dinge van God leer ken? Gaan ons glo soos Hy homself in die Woord openbaar?  Is daar verlossing buite die begrip van die drie-eenheid?  Wie is die sentrale waarmaker van die woord van God? 

info_outline
 
More Episodes

Elkeen van ons het een of ander tyd 'n ervaring met geliefdes wat sterf, en almal van ons gaan ook eendag sterf. Die dood het gekom as gevolg van die mens se sonde, maar is dit die einde van die gelowige se lewe?  Sal ons 'n vervloekte dood sterf, of 'n geseënde een? En hoe leef ons as sterwendes op aarde?