Radio Scriptura
Heinz Winckler en sy vrou se vrystelling van hul konserwatiewe huwelikshandleidings by die Breytenbach Sentrum veroorsaak 'n bohaai. Hoekom daal die Gereformeerde kerk se lidmaatsyfer? Is dit immigrasie, of dat mense minder kinders kry, of word die evangelie boodskdap afgewater? Hoekom gaan gereformeerdes na ongereformeerde kerke? Het ons "nuwe idees" nodig om lidmate te trek? Wat is die Antioch Verklaring, en is christen nasionalisme 'n reaksie op die Woke beweging? Hoe moet ons die kultuur en taal krisis in Suid-Afrika vanuit 'n christen hoek benader? Wat behoort die...
info_outline Die weg van almal op aarde: Ewige heerlikheidRadio Scriptura
Hoe moet ons dink oor die ewige heerlikheid? Wie is die begin en die lewe? Wie is die voleinder van ons geloof? Jesus self is ons grootste skat en beloning, en ons kan met vrymoedigheid na die belonings en Sy ewige teenwoordigheid uitsien.
info_outline Die weg van almal op aarde: Die nuwe hemel en aardeRadio Scriptura
Is die hemel ons eindbestemming? Watter troos skep ons uit die feit dat die ewige lewe werklik vir gelowiges bestaan? Gaan daar herskepping of vernietiging plaasvind? Wat gaan op die nuwe aarde wees en wat nie? Gaan Jesus in Sy fisiese liggaam by ons wees? Is die ewige lewe net 'n soort toestand of 'n werklikheid? Hoe rig die nuwe hemel en aarde ons lewe nou?
info_outline Perspektief: Oktober 2024Radio Scriptura
Daar is drie sake op die agenda vir Perspektief - Oktober 2024, naamlik die "Nuwe Hervorming" erken die laaste twintig jaar was 'n mislukking, liberale kerke in Amerika verlaat die Christian Reformed Church, en laastens Solidariteit betoog oor die Bela wetgewing.
info_outline Die weg van almal op aarde: Die laaste oordeelRadio Scriptura
Kom Jesus werklik weer terug om te oordeel? Moet elkeen nog verskyn voor die regverdige Regter? Wanneer gaan Jesus weer kom, en kan ons die tekens van die wederkoms in die onrus rondom ons sien? Is daar nog sonde wat aan ons geopenbaar gaan word, en wat is die boeke van ons gewetens? Wat kan gelowiges verwqg met die wederkoms van Christus? Wat gaan gebeur met die ongelowiges op daardie dag? Maak dit dan nog saak hoe ons leef, of is daar nog 'n tweede kans om reg te maak met God?
info_outline Die weg van almal op aarde: Die opstanding van die dooiesRadio Scriptura
"Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is." 1 Johannes 3:2. Wat gaan tydens die opstanding gebeur, en sal dit met gelowiges en ongelowiges gebeur? Hoekom moet ons liggame ook opgewek word?
info_outline Die weg van almal op aarde - Die stand van die siel na die doodRadio Scriptura
Wat is die stand van die siel na die dood? Wat gebeur met my siel as ek sterf en gaan my liggaam weer uit die graf uit opstaan? Kry ons 'n tweede kans om te bekeer tot God ten einde die ewige lewe te beërf?
info_outline Perspektief: September 2024Radio Scriptura
Scriptura praat oor skokkende uitlatings van beroemdes oor God, die beroemde musiekster Sean 'Diddy' Combs (P Diddy) se arrestasie oor seksuele misbruik, mensehandel en rampokkery, en die Amerikaanse Republikeine se slinkse benadering tot aborsie ten einde meer vroue by die stembus te wen. Is die popkultuur en christenskap versoenbaar? Die hedendaagse internet kultuur bedreig getroue kerkbywoning en lidmaatskap. Die eer van ons God is op die spel: kan ons hieroor stil bly? Is ons politieke partye en regerings besig om die waarheid vir die leuen te verruil om stemme te werf?
info_outline Luisteraarsvraag - Bewyse vir God se bestaanRadio Scriptura
Wie oortuig die menslike hart van die werklike bestaan van God? Waar kom ons geloof in ons God eitlik vandaan? Wat sê die Skrif oor ons besef van 'n Goddelike wese noglank voordat ons Hom as Redder van ons harte in geloof en vertroue aanneem? Kan God werklik geken word, en hoe openbaar Hy homself aan ons? Hoe antwoord ons die vrae van die ateis wat beweer dat daar nie 'n intelligente Opperwese is wat alles ontwerp en geskep het nie, of die twyfel van die ongelowige tydens krisis en storm?
info_outline Die weg van almal op aarde: Voorbereidings vir jou doodRadio Scriptura
Paulus sê in Romeine 14:8 "Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here." Hoe sterf ons tot eer van die Here? Hoe moet die lewe van die gelowige ingerig wees om gereed te wees vir die dood? Kyk na Paulus se nalatenskap vir Timoteus en Titus. Is daar 'n groter nalatenskap vir jou kinders as jou getuienis van die evangelie? "Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins, skryf Paulus aan die Filippense. Moet ons hulde verkondig aan die afgestorwenes, of...
info_outlineScriptura praat oor skokkende uitlatings van beroemdes oor God, die beroemde musiekster Sean 'Diddy' Combs (P Diddy) se arrestasie oor seksuele misbruik, mensehandel en rampokkery, en die Amerikaanse Republikeine se slinkse benadering tot aborsie ten einde meer vroue by die stembus te wen. Is die popkultuur en christenskap versoenbaar? Die hedendaagse internet kultuur bedreig getroue kerkbywoning en lidmaatskap. Die eer van ons God is op die spel: kan ons hieroor stil bly? Is ons politieke partye en regerings besig om die waarheid vir die leuen te verruil om stemme te werf?