Radio Scriptura
Mag ons onder enige omstandighede iets vat wat nie aan ons behoort nie, en het grondonteiening sonder vergoeding 'n bybelse basis? Wat is ons verantwoordelikheid as bewoners en rentmeesters van die aarde, en aan wie behoort dit alles? Tydens president Donald Trump se inhuldiging het die vroulike biskop, Mariann Budde, 'n teologiese oproep met 'n politieke ondertoon gedoen wat die WOKE beweging, bevrydingsteologie en feminisme duidelik ondersteun. Kan emosionele drogredenasies die ongeregtighede van humanisme laat seëvier? Daar is parallelle lyne te trek tussen hierdie twee...
info_outlineRadio Scriptura
Hoe openbaar God homself aan ons? Het God beheer oor alles in die skepping? Wie is die drie persone in die Godheid en hoe kan ons dit verstaan? Kan God ooit onder verdenking wees, en waaruit vloei Sy geregtigheid? Hoekom vind ons troos in God se oordeel en in Sy genade?
info_outlineRadio Scriptura
Daar kom toenemend mense tot bekering wat nie in tradisionele gereformeerde verbondshuise opgegroei het nie, en die getalle van gereformeerde verbondskinders neem toenemend af. Lidmate van kerke het vandag ook nie meer dieselfde vlak van bybelkennis as vroeër nie. Die fokus van hierdie reeks is dus die kernsake van die christelike geloof. Wat is daardie kernsake van die christelike geloof volgens die apostoliese geloofsbeleidenis? Hoe lyk ons christen landskap deesdae, en wat ontbreek?
info_outlineRadio Scriptura
Heinz Winckler en sy vrou se vrystelling van hul konserwatiewe huwelikshandleidings by die Breytenbach Sentrum veroorsaak 'n bohaai. Hoekom daal die Gereformeerde kerk se lidmaatsyfer? Is dit immigrasie, of dat mense minder kinders kry, of word die evangelie boodskdap afgewater? Hoekom gaan gereformeerdes na ongereformeerde kerke? Het ons "nuwe idees" nodig om lidmate te trek? Wat is die Antioch Verklaring, en is christen nasionalisme 'n reaksie op die Woke beweging? Hoe moet ons die kultuur en taal krisis in Suid-Afrika vanuit 'n christen hoek benader? Wat behoort die...
info_outlineRadio Scriptura
Hoe moet ons dink oor die ewige heerlikheid? Wie is die begin en die lewe? Wie is die voleinder van ons geloof? Jesus self is ons grootste skat en beloning, en ons kan met vrymoedigheid na die belonings en Sy ewige teenwoordigheid uitsien.
info_outlineRadio Scriptura
Is die hemel ons eindbestemming? Watter troos skep ons uit die feit dat die ewige lewe werklik vir gelowiges bestaan? Gaan daar herskepping of vernietiging plaasvind? Wat gaan op die nuwe aarde wees en wat nie? Gaan Jesus in Sy fisiese liggaam by ons wees? Is die ewige lewe net 'n soort toestand of 'n werklikheid? Hoe rig die nuwe hemel en aarde ons lewe nou?
info_outlineRadio Scriptura
Daar is drie sake op die agenda vir Perspektief - Oktober 2024, naamlik die "Nuwe Hervorming" erken die laaste twintig jaar was 'n mislukking, liberale kerke in Amerika verlaat die Christian Reformed Church, en laastens Solidariteit betoog oor die Bela wetgewing.
info_outlineRadio Scriptura
Kom Jesus werklik weer terug om te oordeel? Moet elkeen nog verskyn voor die regverdige Regter? Wanneer gaan Jesus weer kom, en kan ons die tekens van die wederkoms in die onrus rondom ons sien? Is daar nog sonde wat aan ons geopenbaar gaan word, en wat is die boeke van ons gewetens? Wat kan gelowiges verwqg met die wederkoms van Christus? Wat gaan gebeur met die ongelowiges op daardie dag? Maak dit dan nog saak hoe ons leef, of is daar nog 'n tweede kans om reg te maak met God?
info_outlineRadio Scriptura
"Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is." 1 Johannes 3:2. Wat gaan tydens die opstanding gebeur, en sal dit met gelowiges en ongelowiges gebeur? Hoekom moet ons liggame ook opgewek word?
info_outlineRadio Scriptura
Wat is die stand van die siel na die dood? Wat gebeur met my siel as ek sterf en gaan my liggaam weer uit die graf uit opstaan? Kry ons 'n tweede kans om te bekeer tot God ten einde die ewige lewe te beërf?
info_outlineWat is die voor- en nadele van teologiese konferensies? Dien dit 'n goeie doel, of is dit net 'n gepraat wat die plaaslike gemeente uitsluit? Gereformeerde Sessies 2024 het reeds in April plaasgevind en was grootliks susksesvol met baie goeie basiese Bybelse riglyne en preke. Wat is 'n meerdere vergadering of sinode vergadering, en wat is die oorspronklike doel daarvan binne ons kerkverband? Die Woord Konferensie vind hierdie jaar plaas van 7-9 Junie 2024, te Gereformeerde kerk Daspoort, en die tema is: Hoe ken ek God? Hoe baat die plaaslike kerk en gereformeerde predikante by hierdie konferensies?