Radio Scriptura
Is die hemel ons eindbestemming? Watter troos skep ons uit die feit dat die ewige lewe werklik vir gelowiges bestaan? Gaan daar herskepping of vernietiging plaasvind? Wat gaan op die nuwe aarde wees en wat nie? Gaan Jesus in Sy fisiese liggaam by ons wees? Is die ewige lewe net 'n soort toestand of 'n werklikheid? Hoe rig die nuwe hemel en aarde ons lewe nou?
info_outline Perspektief: Oktober 2024Radio Scriptura
Daar is drie sake op die agenda vir Perspektief - Oktober 2024, naamlik die "Nuwe Hervorming" erken die laaste twintig jaar was 'n mislukking, liberale kerke in Amerika verlaat die Christian Reformed Church, en laastens Solidariteit betoog oor die Bela wetgewing.
info_outline Die weg van almal op aarde: Die laaste oordeelRadio Scriptura
Kom Jesus werklik weer terug om te oordeel? Moet elkeen nog verskyn voor die regverdige Regter? Wanneer gaan Jesus weer kom, en kan ons die tekens van die wederkoms in die onrus rondom ons sien? Is daar nog sonde wat aan ons geopenbaar gaan word, en wat is die boeke van ons gewetens? Wat kan gelowiges verwqg met die wederkoms van Christus? Wat gaan gebeur met die ongelowiges op daardie dag? Maak dit dan nog saak hoe ons leef, of is daar nog 'n tweede kans om reg te maak met God?
info_outline Die weg van almal op aarde: Die opstanding van die dooiesRadio Scriptura
"Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is." 1 Johannes 3:2. Wat gaan tydens die opstanding gebeur, en sal dit met gelowiges en ongelowiges gebeur? Hoekom moet ons liggame ook opgewek word?
info_outline Die weg van almal op aarde - Die stand van die siel na die doodRadio Scriptura
Wat is die stand van die siel na die dood? Wat gebeur met my siel as ek sterf en gaan my liggaam weer uit die graf uit opstaan? Kry ons 'n tweede kans om te bekeer tot God ten einde die ewige lewe te beërf?
info_outline Perspektief: September 2024Radio Scriptura
Scriptura praat oor skokkende uitlatings van beroemdes oor God, die beroemde musiekster Sean 'Diddy' Combs (P Diddy) se arrestasie oor seksuele misbruik, mensehandel en rampokkery, en die Amerikaanse Republikeine se slinkse benadering tot aborsie ten einde meer vroue by die stembus te wen. Is die popkultuur en christenskap versoenbaar? Die hedendaagse internet kultuur bedreig getroue kerkbywoning en lidmaatskap. Die eer van ons God is op die spel: kan ons hieroor stil bly? Is ons politieke partye en regerings besig om die waarheid vir die leuen te verruil om stemme te werf?
info_outline Luisteraarsvraag - Bewyse vir God se bestaanRadio Scriptura
Wie oortuig die menslike hart van die werklike bestaan van God? Waar kom ons geloof in ons God eitlik vandaan? Wat sê die Skrif oor ons besef van 'n Goddelike wese noglank voordat ons Hom as Redder van ons harte in geloof en vertroue aanneem? Kan God werklik geken word, en hoe openbaar Hy homself aan ons? Hoe antwoord ons die vrae van die ateis wat beweer dat daar nie 'n intelligente Opperwese is wat alles ontwerp en geskep het nie, of die twyfel van die ongelowige tydens krisis en storm?
info_outline Die weg van almal op aarde: Voorbereidings vir jou doodRadio Scriptura
Paulus sê in Romeine 14:8 "Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here." Hoe sterf ons tot eer van die Here? Hoe moet die lewe van die gelowige ingerig wees om gereed te wees vir die dood? Kyk na Paulus se nalatenskap vir Timoteus en Titus. Is daar 'n groter nalatenskap vir jou kinders as jou getuienis van die evangelie? "Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins, skryf Paulus aan die Filippense. Moet ons hulde verkondig aan die afgestorwenes, of...
info_outline Die weg van almal op aarde: Wanopvattings oor die doodRadio Scriptura
Waar die woord van God nie gepredik word nie, neem mense verskillende wanopvattings as waarheid aan, en leef steeds in vrees vir die dood. "Ware troos verg waarheid", sê Nikolaas Pienaar. Verskuif ons ons vertroue na geliefdes wat afgesterf het, omdat ons wanopvattings het oor waar hulle siele heengaan na hulle afsterwe? Treur ons soms soos mense wat nie hoop het nie, omdat ons nie bybelse insig het oor waar die ontslapenes hulself bevind nie? Is die dood die einde van jou lewe, of is daar lewe na die dood?
info_outline Perspektief: Augustus 2024 - Gereformeerde kerke loop leegRadio Scriptura
Gereformeerde kerke in Suid-Afrika - op die platteland en in stede - loop leeg volgens artikels en die media. Scriptura bespreek moontlike redes hiervoor aan die hand van die Skrif. Die Bybelse stel nie vir ons nuwe gebruike, of formuliere, of leerstellings voor nie, maar wys na die hoop vir alle mense op enige plek in die wêreld: Christus. Is ons gereed vir klein kerkies wat God aanbid en dien op enige plek waar ons woon en werk? Is ons gereed met die toepaslike skrif op ons tonge om die goeie boodskap van verlossing te deel met elkeen wat honger en dors na die...
info_outlineWatter nut en getuienis het die hemelvaart van Christus vir ons? Wie is ons voorspraak by die Vader? Wie was die volmaakte, eenmalige offer en die eens en vir altyd offer? Wie regeer nou, of is Jesus se werk nou verby? Het Jesus al die Ou Testamentiese beloftes vervul? Hoe werklik is die waarbord en die teenwoordigheid van die Heilige Gees in jou lewe? Watter impak het die wete dat jy deel is van die bruid van Christus op jou lewe, en hoe impakteer dit die kerk? Leef ons vanuit die evangelie, of leef ons net vir hierdie lewe?