loader from loading.io

1 Timoteus 2 vir vandag

Radio Scriptura

Release Date: 05/21/2024

Huweliksvoorbereiding:  Soos een Vlees show art Huweliksvoorbereiding: Soos een Vlees

Radio Scriptura

Wat beteken dit om een van vlees te wees met jou huweliksmaat? Hoe moet die familie en die kerk hulself posisioneer rondom voornemende huweliksmaats en jong getroude egpare?  Kan jy as man trou voordat jy geestelik en finansieël volwasse en gereed is daarvoor om die leiding in jou huwelik op te neem soos God dit wil hê?  En kan jy as vrou in die huwelik met jou man tree alvorens jy geestelik en emosioneel gereed is daarvoor? Wat het geestelike eenheid met seksuele eenheid te doen?  Hoe belangrik is finansiële eenheid in die huwelik tussen man en vrou?   

info_outline
Perspektief:  Mei 2024 show art Perspektief: Mei 2024

Radio Scriptura

Drie onderwerpe van bespreking wat terugkyk oor die afgelope maand se nuus is:  politiek en die stembus, wêreldse sukses en natuurrampe.  Wat het christene te doen met die politiek, en hoe moet ons die stembus benader? Is ons rentmeesters van die skepping, en het ons 'n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap?  Kan jy jou geloof uitleef daar waar jy is?   Waaraan word sukses gemeet?  Is wêreldse sukses werklik die moeite en tyd werd vanuit 'n ewigheidsperspektief?  Mark 8:36: "Wat baat dit 'n mens immers as hy die hele wêreld as wins bekom, maar sy lewe...

info_outline
Huweliksvoorbereiding:  Die rol van die man en die vrou show art Huweliksvoorbereiding: Die rol van die man en die vrou

Radio Scriptura

Wie is die belangrikste persoon in die huwelik tussen man en vrou?  As Christus dus die hooffokus in die christen se huwelik is, hoe behandel ek my huweliksmaat ter wille van Christus?  Kan christene werklik die rolle van onderskeidelik man en vrou in die huwelik vervul, indien ons nie beide ook gevul is met die Heilige Gees nie?  Hoe is ons veronderstel om mekaar binne die huwelik te dien, sodat dit kan getuig van die selfopofferende liefde wat Christus vir Sy bruid, die kerk, het?

info_outline
Huweliksvoorbereiding:  Hoe begin ons die verhouding reg? show art Huweliksvoorbereiding: Hoe begin ons die verhouding reg?

Radio Scriptura

Waar kom die huwelik vandaan, en wie is die outeur daarvan?  Hoekom nie met 'n ongelowige trou nie? Dien jou aanstaande huweliksmaat die Here of nie?  Is jou huidige lewensstyl bepalend van hoe jy in jou huwelik gaan leef? Is die troudagtradisies en sosiale invloed van die sekulêre wêreld belangrik vir die christen, of is geloof in God en 'n bybelse visie van die huwelik die bepalende faktore van 'n geseënde huwelik? Is daar leemtes in ons onderrig van ons kinders oor verhoudings, hul liggame en die huwelik?  Hoekom nie saambly nie, en hoekom is daar so 'n hoë agting in die...

info_outline
1 Timoteus 2 vir vandag show art 1 Timoteus 2 vir vandag

Radio Scriptura

Wat is 1 Timoteus 2:1-15 se toepassing vir vandag? Is God se woord relevant vir alle tye en alle mense? Hoe is die opdragte van Paulus aan die Efese geanker aan die skeppingsopdrag? Moet ons bid vir 'n heidense regering?  Wat is die roeping vir die mans, en wat is die opdragte vir die vroue?

info_outline
Hemelvaart show art Hemelvaart

Radio Scriptura

Watter nut en getuienis het die hemelvaart van Christus vir ons?  Wie is ons voorspraak by die Vader?  Wie was die volmaakte, eenmalige offer en die eens en vir altyd offer?  Wie regeer nou, of is Jesus se werk nou verby?  Het Jesus al die Ou Testamentiese beloftes vervul?  Hoe werklik is die waarbord en die teenwoordigheid van die Heilige Gees in jou lewe?  Watter impak het die wete dat jy deel is van die bruid van Christus op jou lewe, en hoe impakteer dit die kerk? Leef ons vanuit die evangelie, of leef ons net vir hierdie lewe? 

info_outline
Pastoraal:  Sondebelydenis en Vergifnis show art Pastoraal: Sondebelydenis en Vergifnis

Radio Scriptura

Hoekom bely ons sonde? Word net sonde wat bely word vergewe? Hang ons redding van sondebelydenis af? Wat van onwetende sonde? Het Christus dan nie die volle prys betaal nie? Besef ons wat sonde werklik is? Is daar 'n onderskeid tussen wedergeboorte en daaglikse bekering van sonde? Wat het sondebelydenis met aanbidding te doen? Wat as die ander persoon nie wil vergewe nie? Weet ons self waarvan ons vergewe is, en kan ons dit ooit verdien? Christus se vergifnis maak ons vry.

info_outline
Perspektief:  April 2024 - Konferensies show art Perspektief: April 2024 - Konferensies

Radio Scriptura

Wat is die voor- en nadele van teologiese konferensies?  Dien dit 'n goeie doel, of is dit net 'n gepraat wat die plaaslike gemeente uitsluit?  Gereformeerde Sessies 2024 het reeds in April plaasgevind en was grootliks susksesvol met baie goeie basiese Bybelse riglyne en preke. Wat is 'n meerdere vergadering of sinode vergadering, en wat is die oorspronklike doel daarvan binne ons kerkverband? Die Woord Konferensie vind hierdie jaar plaas van 7-9 Junie 2024, te Gereformeerde kerk Daspoort, en die tema is:  Hoe ken ek God? Hoe baat die plaaslike kerk en gereformeerde predikante...

info_outline
Pastoraal:  Woede show art Pastoraal: Woede

Radio Scriptura

Is daar 'n onderskeid tussen goeie woede en sondige vorme van woede?  Kan woede dan nog goed wees, en hoe lyk die sondige vorme van woede?  Is kwaadword 'n sonde opsig self?  Hoe gemaak met hoë frustrasies, baie stres, 'n tekort aan selfbeheersing en emosionele selfregulasie, en negatiewe gedragspatrone?  Is my woede geregverdig in die lig van wie Christus is?

info_outline
Pastoraal:  Werke van die bose show art Pastoraal: Werke van die bose

Radio Scriptura

Na aanleiding van 'n luisteraar se vraag:  Wat is die werking van die bose, en is demoonbesetting die rede vir siektes?  Sien ons vandag nog werke van die bose en demoonbesetting?  Kan ons mooi onderskei tussen fisiese siekte en bose werke?  Kan demone mense siek maak, of is mense eintlik bygelowig? Kry gelowiges bose aanvegtinge, en kan christene deur demone beset word?  Wat is die fout met sogenaamde bevrydingsbedienings, en hoe is dit laster teen God? Hoe beraad ons dus mense oor die bose, bose aanvegtinge en demoonbesetenheid indien hulle dit ervaar of daaroor...

info_outline
 
More Episodes

Wat is 1 Timoteus 2:1-15 se toepassing vir vandag? Is God se woord relevant vir alle tye en alle mense? Hoe is die opdragte van Paulus aan die Efese geanker aan die skeppingsopdrag? Moet ons bid vir 'n heidense regering?  Wat is die roeping vir die mans, en wat is die opdragte vir die vroue?