loader from loading.io

Huweliksvoorbereiding: Die rol van die man en die vrou

Radio Scriptura

Release Date: 06/03/2024

Die weg van almal op aarde:  Die nuwe hemel en aarde show art Die weg van almal op aarde: Die nuwe hemel en aarde

Radio Scriptura

Is die hemel ons eindbestemming? Watter troos skep ons uit die feit dat die ewige lewe werklik vir gelowiges bestaan?  Gaan daar herskepping of vernietiging plaasvind?  Wat gaan op die nuwe aarde wees en wat nie? Gaan Jesus in Sy fisiese liggaam by ons wees? Is die ewige lewe net 'n soort toestand of 'n werklikheid? Hoe rig die nuwe hemel en aarde ons lewe nou?

info_outline
Perspektief:  Oktober 2024 show art Perspektief: Oktober 2024

Radio Scriptura

Daar is drie sake op die agenda vir Perspektief - Oktober 2024, naamlik die "Nuwe Hervorming" erken die laaste twintig jaar was 'n mislukking, liberale kerke in Amerika verlaat die Christian Reformed Church, en laastens Solidariteit betoog oor die Bela wetgewing.

info_outline
Die weg van almal op aarde:  Die laaste oordeel show art Die weg van almal op aarde: Die laaste oordeel

Radio Scriptura

Kom Jesus werklik weer terug om te oordeel? Moet elkeen nog verskyn voor die regverdige  Regter? Wanneer gaan Jesus weer kom, en kan ons die tekens van die wederkoms in die onrus rondom ons sien? Is daar nog sonde wat aan ons geopenbaar gaan word, en wat is die boeke van ons gewetens? Wat kan gelowiges verwqg met die wederkoms van Christus?  Wat gaan gebeur met die ongelowiges op daardie dag? Maak dit dan nog saak hoe ons leef, of is daar nog 'n tweede kans om reg te maak met God? 

info_outline
Die weg van almal op aarde:  Die opstanding van die dooies show art Die weg van almal op aarde: Die opstanding van die dooies

Radio Scriptura

"Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is."  1 Johannes 3:2.  Wat gaan tydens die opstanding gebeur, en sal dit  met gelowiges en ongelowiges gebeur?  Hoekom moet ons liggame ook opgewek word?  

info_outline
Die weg van almal op aarde - Die stand van die siel na die dood show art Die weg van almal op aarde - Die stand van die siel na die dood

Radio Scriptura

Wat is die stand van die siel na die dood? Wat gebeur met my siel as ek sterf en gaan  my liggaam weer uit die graf uit opstaan? Kry ons 'n tweede kans om te bekeer tot God ten einde die ewige lewe te beërf?

info_outline
Perspektief:   September 2024 show art Perspektief: September 2024

Radio Scriptura

Scriptura praat oor skokkende uitlatings van beroemdes oor God, die beroemde musiekster Sean 'Diddy' Combs (P Diddy) se arrestasie oor seksuele misbruik, mensehandel en rampokkery, en die Amerikaanse Republikeine se slinkse benadering tot aborsie ten einde meer vroue by die stembus te wen. Is die popkultuur en christenskap versoenbaar?  Die hedendaagse internet kultuur bedreig getroue kerkbywoning en lidmaatskap.  Die eer van ons God is op die spel: kan ons hieroor stil bly?  Is ons politieke partye en regerings besig om die waarheid vir die leuen te verruil om stemme te werf?

info_outline
Luisteraarsvraag - Bewyse vir God se bestaan show art Luisteraarsvraag - Bewyse vir God se bestaan

Radio Scriptura

Wie oortuig die menslike hart van die werklike bestaan van God?  Waar kom ons geloof in ons God eitlik vandaan?  Wat sê die Skrif oor ons besef van 'n Goddelike wese noglank voordat ons Hom as Redder van ons harte in geloof en vertroue aanneem?  Kan God werklik geken word, en hoe openbaar Hy homself aan ons?  Hoe antwoord ons die vrae van die ateis wat beweer dat daar nie 'n intelligente Opperwese is wat alles ontwerp en geskep het nie, of die twyfel van die ongelowige tydens krisis en storm? 

info_outline
Die weg van almal op aarde: Voorbereidings vir jou dood show art Die weg van almal op aarde: Voorbereidings vir jou dood

Radio Scriptura

Paulus sê in Romeine 14:8 "Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here." Hoe sterf ons tot eer van die Here? Hoe moet die lewe van die gelowige ingerig wees om gereed te wees vir die dood?  Kyk na Paulus se nalatenskap vir Timoteus en Titus.  Is daar 'n groter nalatenskap vir jou kinders as jou getuienis van die evangelie?  "Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins, skryf  Paulus aan die Filippense. Moet ons hulde verkondig aan die afgestorwenes, of...

info_outline
Die weg van almal op aarde:  Wanopvattings oor die dood show art Die weg van almal op aarde: Wanopvattings oor die dood

Radio Scriptura

Waar die woord van God nie gepredik word nie, neem mense verskillende wanopvattings as waarheid aan, en leef steeds in vrees vir die dood.  "Ware troos verg waarheid",  sê Nikolaas Pienaar. Verskuif ons ons vertroue na geliefdes wat afgesterf het, omdat ons wanopvattings het oor waar hulle siele heengaan na hulle afsterwe?  Treur ons soms soos mense wat nie hoop het nie, omdat ons nie bybelse insig het oor waar die ontslapenes hulself bevind nie?  Is die dood die einde van jou lewe, of is daar lewe na die dood?  

info_outline
Perspektief:  Augustus 2024 - Gereformeerde kerke loop leeg show art Perspektief: Augustus 2024 - Gereformeerde kerke loop leeg

Radio Scriptura

Gereformeerde kerke in Suid-Afrika - op die platteland en in stede - loop leeg volgens artikels en die media.  Scriptura bespreek moontlike redes hiervoor aan die hand van die Skrif.  Die Bybelse stel nie vir ons nuwe gebruike, of formuliere, of leerstellings voor nie, maar wys na die hoop vir alle mense op enige plek in die wêreld:   Christus.  Is ons gereed vir klein kerkies wat God aanbid en dien op enige plek waar ons woon en werk?  Is ons gereed met die toepaslike skrif op ons tonge om die goeie boodskap van verlossing te deel met elkeen wat honger en dors na die...

info_outline
 
More Episodes

Wie is die belangrikste persoon in die huwelik tussen man en vrou?  As Christus dus die hooffokus in die christen se huwelik is, hoe behandel ek my huweliksmaat ter wille van Christus?  Kan christene werklik die rolle van onderskeidelik man en vrou in die huwelik vervul, indien ons nie beide ook gevul is met die Heilige Gees nie?  Hoe is ons veronderstel om mekaar binne die huwelik te dien, sodat dit kan getuig van die selfopofferende liefde wat Christus vir Sy bruid, die kerk, het?